Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3232 reviews.
"Dit was heerlik maar ten spyte van vreeslike beheer en toegang by die strand was daar steeds drank en dronk vrouens so die toesig en toegangbeheer is nie effektief nie al betaal 'n mens 25/person om strand toe te gaan."
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."
"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"St Lucia is die beste vakansiedorpie vir 'n gesin wat die buitelewe geniet. Dis 'n fantastise bestemming omdat 'n wildtuin en seevakansie in een gehou kan word. "
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."
"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."
"Daar is baie gastehuise, nie almal lyk soos op die fotos nie, maar hulle is darem vriendelik en behulpsaam by die meeste plekke. Ons gaan gereeld tuis in gastehuise, aangesien ons mediese behandeling daar ontvang."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."
"Toegang tot die strand is R130 per dag vir 2 persone en 'n voertuig en honde word nie op die strand toegelaat tot en met St. Lucia nie - werk dit by jou reisplanne in."
"Lekker rotspoele vir kleintjies om in speel en getypoel vir swem. Branders bietjie te rof. Ideaal vir gesin, lekker visvang vir die manne."
"Dis baie naby aan al die nodige besienswaardighede en sentrums, maar tog so afgesonder dat jy met vrede kan ontspan."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."