Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3232 reviews.
"St Lucia self het baie agteruit gegaan. Baie winkels het toegemaak, en die krokodilplaas is verwaarloos en kort aandag. Dit was eintlik hartseer om dit te sien."
"Love Ballito! Dit is 'n puik toeristebestemming - die staproete en die nabyheid van winkels en restaurante is 'n pluspunt. Jy hoef nie afhanklik van jou motor te wees nie - alles beskikbaar in loopafstand."
"Ons tydsberekening was sleg, inaggenome die vloede en verwoesting, maar ons het steeds lekker gekuier."
"Baie gerieflik en skoon. Naby aan groot sentrum. En verskeidenheid eetplekke om van te kies."
"Alles word onderhou. Alles is skoon en netjies. Pragtige strande. Heerlike restaurante."
"Baie, baie lekker area om vakansie te gaan hou, ons is mal oor Salt Rock."
"Love the little town of St. Lucia! Shops are walking distance and the restaurants are all top class! The ski-boat club worth a visit for the best pizza's in town! Close to Cape Vidal for a day visit and a visit to the Wetland park is a must! "
"Beautiful! Always an annual holiday for us. Lovely beaches and so many wonderful restaurants. Perfect for children!"
"Oor die algemeen is Ballito heerlik. Hierdie keer was dit maar redelik onaangenaam gewees weens kragonderbrekings (nie beurtkragverwant nie) een geen water, met tye vir langer as 24 uur op 'n slag. Toilette moes met emmers gespoel word wat 'n paar vloere opgesleep moet word. Dieselfde met skottelgoed. Moes 'n paar aande met 'n emmer probeer bad. Natuurlik het dit te doen met die ramptoestand wat die provinsie getref het. Ons moes maar eintlik eerder nie gegaan het nie/die vakansie uitgestel het totdat dinge weer stabiliseer het in Natal."
"Die weer was bietjie sleg a.g.v. reën wat die hele naweek oorheers het, verder niks om oor te kla nie."
"Moeilik om te sê, aangesien hierdie my eerste keer hier was en ons in die middel van die KZN-vloede daar was. Geen krag of water nie. Sal seker beter wees onder ander omstandighede."
"Ons is mal oor St. Lucia, dit is by vere een van my gunsteling bestemmings in Suid-Afrika!"
"Is al vir jare ons gunsteling vakansieplek. Baie rustig en veilig, die kinders kan rond loop. Strand is nie gepak vol mense nie."
"Jammer vir die reën, anders kon ons meer gedoen het. Puik vakansiedorp en die strate was skoon."
"Maak seker jy werk ekstra geld in jou begroting in vir dinge wat jy daar wil doen en sien. As jy besluit om Cape Vidal toe te gaan, neem maar eet- en drinkgoed saam, daar is nie meer 'n winkeltjie binne nie. Die enigste winkel daar naby, is voor jy ingaan. Wanneer jy uitgaan neem hulle jou betaalstrokie terug, so jy kan nie weer teruggaan as jy eers uit is nie."
"Daar was vloede, so 'n mens kan verstaan dat daar 'n watertekort was. Noordkus pragtig!"
"We had a a great holiday with our kids. Lots of nice swimming areas especially for little children."