Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3234 reviews.
"Dis 'n pragtige deel van ons land waarvan ek dink min mense weet. Die geskiedenis agter die vishokke en ons bootrit was iets wat ons almal altyd sal onthou."
"Ballito voel werklik soos 'n ander land. Die dorp is 'n getuigskrif van goeie munisipaliteitsbestuur."
"St Lucia bied baie lekker verkansieverblyf met baie om te doen en te sien. Rustige dorpie met vakansie atmosfeer. Sal beslis weer gaan."
"Zinkwazi self is baie stil, inkopies word in Balito gedoen, wat baie winkelsentrums het."
"Ballito het pragtige strande met heerlike restaurante en alle winkels wat mens kan nodig hê. Die stad se tuine, strande en strate word goed onderhou en is baie netjies. 'n Besoek aan die Salt Rock Hotel vir 'n skemerkelkie en aandete is 'n moet."
"Baie rustig area, net ver van alles af, maar sal dit aanbeveel vir mense wat rustig will raak. Ons bly in ’n besige area in Centurion en ons het die rustigheid baie geniet."
"Pragtige strande, groot winkelsentrums. Voldoende eetplekke. Adventure Valley (Ballito) Clubventure - vir iets om te doen vir die hele familie (Para Zipline)."
"Pragtige strande, pragtige ligging en omgewing - werklik 'n heerlike plek om vakansie te gaan hou."
"Die meer was 'n teleurstelling. Het jare terug seker eenkeer per maand daar gaan visvang. Vidal nou die enigste opsie."
"We love Ballito. The beaches are beautiful and clean. It’s a great family destination."
"Not really a lot to do or see in or near Ballito except for the beach but if you are limited with movement that's also a no go."
"Ballito is baie stil in November met min toeriste so parkering en restauranttoegang is maklik."