Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3234 reviews.
"Lekker plek. Buite skoolvakansie nie besig nie. Besighede nie altyd oop nie. Pad na strand nie goed nie. Baie potholes. Verder baie rustig."
"Ek sou dit aanbeveel. Behalwe vir die strand is daar pragtige staproetes. Vir die voëlkykers is Mtunzini 'n paradys. Heerlike eetplekke en ongelooflike vriendelike mense."
"Blythedale het Blouvlag-strand, maar was teleurgesteld met die geriewe by die see, was nie onderhou nie en nie toeganklik nie, daar is lewensredders aan diens maar, dit was makliker en veiliger vir die kinders om by die naburige Zinkwasi te gaan swem."
"Toegangspad na Mpila besig om te verval en indien nie vinnig aandag kry nie sal pad totale verval vinnig plaasvind."
"Pragtige plek, bied die vakansieganger alles. Van die shoppers tot dié wat 'n wonderlike strand will geniet."
"Black Rock Park was oor die Junie 2019 langnaweek oorgeneem deur taxis en luide geraas oor die karre se luidsprekers was onaangenaam in die nabye omgewing. Daar is 'n telefoonnommer op die bord by die parkeerarea en daar was vinnige en flinke diens toe ons gebel het om die probleem aan te meld. Die hoofstrand is 'n Blouvlagstrand, maar die badkamers wat deur die munisipaliteit in stand gehou moet word was in 'n haglike toestand oor die langnaweek. Zinkwazi is 'n lieflike plek en behoort een van ons land se top bestemmings te wees vir diepsee-vissermanne en familie. Dit het 'n unieke atmosfeer wat herinner aan Sodwana. Naby die King Shaka lughawe en Ballito. Baie goed geleë vakansiebestemming."
"Daar is nie baie om te doen in Ballito nie. Ons wou na die krokodilplaas gaan, maar die pad soontoe was nie so mooi nie en ons het nie veilig gevoel om soontoe te ry nie. Verder het ons lekker geëet en die Mall het lekker winkels waar jy kan koop wat jy nodig het."
"Beautiful seaside suburb with security and appealing Shopping Centre's in the vicinity."
"Omgewing het baie om te sien en te doen. Genoeg eetplekkies. Dorp netjies. "
"Lekker by die see! Kan enige rigting inslaan en daar is iets om te sien en doen. Mense is vriendelik en behulpsaam. "