Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 2304 reviews.
"Lekker naby en baie mooi omgewing. Baie om te doen in die area en lekker restaurante om te besoek."
"Kgaswane Natuurreservaat sal baie kan baat van beter inligting, meer staproetes en meer diere. Brauhaus Afrika vir middagete puik. Jasmyn met sy mark is vir 'n oggend en 'n lekker middagete puik. Hartebeespoortdam skokkend vuil met rommel op die water by die dammuur."
"Die dorp was nogal skoon, baie besig maar te veel stories gehoor van grypdiewe en aanvalle wat mens bang maak. Ons het die mense as vriendelik ervaar."
"Nie veel verwagting nie - het Klerksdorp net besoek vir 'n besigheidsbesoek."
"Ons het nie veel gesien nie, was laat daar en vroeg weer weg, maar die area waar ons was is alles duidelik beveilig met diefwering. Hoewel ons na die nabygeleë restaurant kon loop, op eienaar se aanbeveling. En lekker geëet."
"Goeie Spur (ook oop van 07:00 vir ontbyt) en Ocean Basket. Sekerlik ook ander lekker eetplekke. Dorp is netjies en skoon."
"Vryburg het al 'n reputasie gekry vir "smash-and-grab", wat jammer is. Ons het nie die dorp verder verken nie. Die hoofstraat was skoon, maar baie besig. Mam's Food, by 'n vulstasie net as jy die dorp nader, se kos was werklik smaaklik en waarde vir geld. Jy kan voor die restaurant parkeer. Diens was vriendelik."