Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Was slegs 'n oornag bestemming op pad na Kgalagadi. Die straatjie waarin hotel geleë is, is wel pragtig oorgedoen aan die een kant. Die dorpie het baie potensiaal."
"Baie potensiaal om soos Greyton 'n toeriste aantreklikheid te word as ou geboue bewaar en opgeknap word."
"Oulike oornagplekke. Gawe mense. Slaghuis is 'n moet om te besoek. 'n Vriendelike gemeenskap met puik diens."
"Ons verblyf was te kort om werklik hieroor kommentaar te lewer. Die dam en die wal is egter 'n besienswaardigheid en die moeite werd. Dit is volgens die vriendelike inwoners 'n jagtersbestemming. Vanderkloof is by uitstek 'n vakansiebestemming en daar is baie selfsorg plekke. Ek sou graag weer soontoe wou gaan."
"Die nuwe teerpad van Leeu-Gamka na Fraserburg is 'n fees. Ons het bokkies en bobbejane langs die pad gesien. Plaaslike inwoners waarsku dat jy versigtig moet ry soggens en saans as dit skemer is omdat die bokke aktief is dan voor jou motor kan inspring. Juliana's Restaurant was 'n fees en daar is altyd iets lekkers te vinde by Die Pers Malva in Cillierstraat. Die dorp is 'n onontdekte juweel."
"'n Heerlike verrassing - al is die dam effe leeg. Beslis die besoek die moeite werd!"
"Did not explore Britstown but if one take time to look around, many points of interest could be discovered. "
"Skoonste dorp wat ons nog ooit gesien het. Pragtig. En Ka-Roux restaurant kan ek hoog aanbeveel."
"Weereens was die Februarie besoek buite seisoen, en minder besig, maar dit pas ons so. Die dag toer met die skeepswrakke is 'n moet. Weer was wonderlik die tyd van die jaar. "
"Nie iets om regtig te sien nie, behalwe die museum en dan die SK. Nie tyd gehad om dit te gaan besoek nie. Dorp baie skoon afgesien van die grond strate. Koop maar vroegtydig brood oor 'n naweek in 'n ander dorp indien jy laat in Carnavon kom. Darem 'n kiosk oop gekry en 'n knoffelbrood wat in die vrieskas was gekoop. Baie lekker."
"Beslis 'n dorp wat dit verdien om 'n bietjie tyd op deur te bring. 'n Plek waarby mens verbyjaag op pad Johannesburg/Kaap toe, maar daar steek baie meer in hierdie dorpie as wat dit op die oog af lyk!"
"Indien jy op ‘n Sontag en laatmiddag opdaag, maak maar voorsiening vir etes. Daar is net een restaurant wat moontlik sal oop week indien jy voor 19.00 opdaag, anders mag jy dalk ‘n probleem hê."
"Ons oornag net daar en besoek nie die besienswaardighede nie. Met meer tyd tot 'n mens se beskikking, glo ek dat dit 'n interessante bestemming kan wees met 'n interessante blik op die land se geskiedenis."