Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8180 reviews.
"Die ideale, skoon, stil, Afrikaanse dorpie om 'n reis van die Kaap na Gauteng met gemak te halveer."
"Ek sal dit nie as `n vakansiebestemming aanbeveel nie, maar dit is heerlik vir `n dag of twee, met klein Restaurantjies wat laat oop is en heerlike kos bedien, geleë tussen mooi bergkoppe en baie verblyf om van te kies. Dis ideaal vir `n oornag as jy op pad is Kaap toe, of van die Kaap af "Transvaal" toe."
"Baie mooi. Baie om te sien. Onthou net om warm klere saam te neem. Weer is 'n bietjie onvoorspelbaar."
"We never really spent time in the town - only stopped over for one night. The accommodation was very good."
"My eerste keer in die Springbok en wat ek ervaar het is dat dis 'n baie mooi plek is en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Op 'n Sondagmiddag is alles toe, tot die Spar. Pragtige ou geboue in hoofstraat."
"Dis pragtig daar en veral 'n heerlike bestemming vir watersportliefhebbers!"
"Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane."
"Dit is jammer dat die samevloei van die Oranje - en Vaalrivier nie omskep word in 'n toeriste aantreklikheid nie."
"Ek is gebore in Kakamas en daar groot geword. Alhoewel ek baie jare weg is en nie so gereeld die omgewing besoek as wat ek sou wou nie, bly dit vir my een van die wonderlikste ervarings om die skoonheid van die natuur, die diversiteit wat die rooi duine, rivierlope en die verskeidenheid van die plantegroei, voëls en diere, wat in kontraste met mekaar is, te geniet. Die Kgalagadi is 'n plek waarop jy verlief kan raak en weer en weer terugkeer, gee dit net 'n kans."
"Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling."
"Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor. "
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Sunset Lagoon"Was winderig en koud in Oktober. 'n Goeie oorslaapplek op pad na Richtersveld."
"'n Pragtige, skoon dorp in 'n pragtige omgewing. Benewens baie goeie hoofroetes, maak die dorp dit vir die reisiger moontlik om die sogenaamde agterpaadjies te verken, meestal grondpaaie (maar baie goed onderhou) deur verskeie passe met asembenemende vergesigte."
"Kamieskroon is 'n pragtige omgewing enige tyd van die jaar! Mense is vriendelik en behulpsaam maar daar moet meer gedoen word vir oorbly-toeriste, soos bv 'n eetplek wat in die aande oop is, al is dit net tot 20:00, of 'n klein winkel wat basiese items aanhou."
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."