Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Northern Cape

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape

Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.

Williston, Northern Cape

Annie's Inn

"Mense is vriendelik. Baie interessante stories."

Kuruman, Northern Cape

Die Mynhuis Gastehuis

"Dit was 'n ondervinding. "

Richmond, Northern Cape

Ka Ma Lodge

"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."

Upington, Northern Cape

Moonriver Guest House

"Vriendelike mense, baie om te sien en doen."

Colesberg, Northern Cape

Toverberg Guest Houses

"The Horse and Mill se binnehof was 'n lafenis vir ons en die vele suikerbekkies in die rankplant. Middagete by Bordeaux onder die 100-jaar oue wingerd was lieflik! Daar was baie reisigers met klein kindertjies wat heerlik op die klimrame baljaar het. Ontbyt by Plattelander was 'n goeie begin vir die dag. Kos en diens was onverbeterlik. Reisigers moet dalk net mooi dink oor die impak daarvan om vir die vele kinders op die straat geld en soetgoed te gee, want dit was vir ons 'n probleem."

Hopetown, Northern Cape

Lavender House B&B

"Hopetown is 'n klein dorpie en jy moenie meer verwag as wat n klein dorpie kan bied nie. As jy na `n unieke ervaring soek, gaan eet by Die Stalle. Die enigste manier om dit te beskryf is -gaan eet self daar om uit te vind!"

Hanover, Northern Cape

Aandrus

"Juweel wat mens nie moet onderskat nie."

Colesberg, Northern Cape

Safari Park

"Lekker oorslaapplek op pad na jou eindbestemming. "

Kamieskroon, Northern Cape

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Kamieskroon is 'n klein plaasdorpie met ongelooflike vriendelike mense. "

Colesberg, Northern Cape

Safari Park

"Het ongelukkig nie tyd gehad om deur dorp te gaan nie."

Carnarvon, Northern Cape

Lord Carnarvon Guesthouse

"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."

Calvinia, Northern Cape

The Calvinian Country Lodge

"Pragtige dorp en met baie besienswaardighede EN wat 'n moet is om in te pas en die stoephuisies herroep jou van en hoe dit lank, lank gelede daar was. Goeie mense, goeie toeristedorp en daar kan jy nog met reg sê: dankie vir Afrikaans."

Kuruman, Northern Cape

Terebinte

"Oulike plekkie met baie vriendelike mense."

Colesberg, Northern Cape

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Baie sentraal geleë en 'n gerieflike ruspunt vir reisigers."

Britstown, Northern Cape

Windpoort Self-Catering

"Strategiese ligging halfpad tussen Kaapstad en Gauteng."

Upington, Northern Cape

Kleinbegin Olienhout Accommodation

"Vriendelike plek, baie warm, sal weer daar kuier."

Victoria West, Northern Cape

Moonlight Manor

"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."

Colesberg, Northern Cape

The Barracks

"Ideale "pitstop" op pad Kaap toe."

Douglas, Northern Cape

Villa de Ghaap Guesthouse

"Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd."

Calvinia, Northern Cape

Tontelbossie

"Skoon en rustige dorp. Mooi omgewing."

Colesberg, Northern Cape

Hazeldene

"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."

Colesberg, Northern Cape

Sawadee

"Hoewel Colesberg vir meeste reisigers net 'n oornagbestemming is, het die dorp 'n vriendelike gemeenskap en interessante aantreklikhede, veral vir geskiedenisliefhebbers. "

Keimoes, Northern Cape

Kalahari Water Holiday Farm

"Rustige plek om te gaan ontspan - wegbreeknaweek."

Labram , Northern Cape

Mc Kala Guest House

"Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd."

Colesberg, Northern Cape

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."

Upington, Northern Cape

Aqua Viva

"Dit is jammer dat die pragtige eiland nie eers 'n restaurant of 'n koffie winkel het nie."

Springbok, Northern Cape

Namastat Lodge and Caravan Park

"Beslis 'n dorpie wat jou sal verras en die moeite werd is om te besoek. Dit gee mens 'n goeie indruk van die Namakwa oor die algemeen."

Augrabies, Northern Cape

Dundi Lodge

"Sluit die hekke vir dagbesoekers later as 18h00 in die somer maande asb."

Page
Page 308 - Showing 9211 to 9240

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers