Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Aangename klein dorpie. Beslis 'n goeie plek om te oornag oppad en terug van Namibia af. "
"'n Unieke dorp waar jy waarlik kan rus. Kom hierheen as jy saam met vriende gehaltetyd wil deurbring en die stilte van die Karoo wil inneem en jou siel weer brandstof wil gee! Stap tydens skemer deur die strate en bewonder die eenvoud en mooi Karoo dorp. Hier is nie restaurante wat in die aand oop is nie, so gesels om 'n vuurtjie terwyl jy 'n vleisie braai en die sterre bewonder. Dit is baie veilig en rustig. Al hoe meer jongmense en toeriste beweeg hierheen om gehaltetyd te spandeer! Ek het my hart verloor op Loxton."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie, veral die sentrale deel met die ou sandsteengeboue."
"Dus 'n rustig dorpie. Met 'n baie mooi omgewing en mooi huise. Die mense is vriendelik. Goeie omgewing om fiks te bly a.g.v. van steil strate, klimaat en bergroetes. "
"Een van die min plattelandse dorpe wat nog oor redelike infrastruktuur beskik."
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Wonderlike paadjies langs die see waar mens kan stap of ry. Die regte plek om te rus. Vriendelike mense."
"Prieska is 'n stukkie goud in die middel van die Noord-Kaap. Betowerende ouwêreldse atmosfeer."