Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Altyd 'n aangename plek om te besoek. Die mense daar is baie vriendelik!"
"Baie om te sien veral in die regte seisoen, die waterval is besonders; mense is veral innemend en vriendelik."
"Dis 'n goeie wegspringplek vir baie geleenthede in die omtrek. Checkers is goed en die Springbok Cafe se boeke is uitsonderlik."
"Ek maak seker om by Keimoes Padstal aan te gaan as ons net naby verbyry. Wat baie insiggewend sal wees by Keimoesgastehuise is statistiek en algemene agtergrond van die vrugte, wyn en boerderybedryf en sonkrag van die omgewing. Ek vermoed dit is indrukwekkend."
"Vir die doel waarvoor ons Brandvlei besoek het nl. om lewerikke te fotografeer is dit baie beslis die lewerik-hoofstad van Suid Afrika."
"Rustige dorp en ons het ons het teëspoed gehad met 'n venster wat op pad gebreek het en het koöperasie se mense ons gehelp om dit tydelik reg te maak. Uiters behulpsaam gewees."
"Dis 'n pragtige plek, alhoewel dit afgesonder is. Mens kan Hondeklipbaai slegs bereik d.m.v 'n grondpad."
"Die dames met die rooster en skuinskoeke is absoluut fantasties as jy Nieuwoudtville binnekom. Daarteenoor kan die Kinkel-Winkel se dames by hulle gaan leer oor vriendelikheid en behulpsaam wees. Ek sou graag blomsaad en bolle wou koop, dit word dan geadverteer as die blombol-wêreld, en tog was daar geen bolle of blomsaad te koop nie."
"Jy moet genoeg tyd hê om met almal te gesels. Vriendelike mense. Dit is 'n moet om Loxton te besoek."
"Baie besonders en rustig. Daar is verbasend baie om te doen. Ons het net 2 dae oorgeslaap en was spyt dat ons nie langer daar gebly het nie."