Verified Reviews
Northern Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Drakensberg
Rated 4.7 out of 5 based on 78 reviews.
"This venue is for people who want to break away from shops and restaurants and enjoy nature."
"Ons is mal oor die Noordelike berge! Opset was pragtig en ligging uitstekend."
"Die Royal Natal Park is 'n besonderse plek. Die uitsigte vanuit sekere verblyfplekke is ongeëwenaar. Tower of Pizza en Koffie Patch is oulike stopplekkies. Paaie is net plek-plek baie swak deur die regering instandgehou en die plaaslike mense se bokke, beeste, skape en kindertjies maak dit soms gevaarlik op die paaie. Maar dis rustig en verkwikkend mooi as mens die natuur wil geniet. Geen winkels naby, moet Bergsig of Winterton toe ry as jy iets benodig. Bring maar jou kos en meds saam. En pak warm en koel klere, 4 seisoene in een dag is nie onmoontlik nie."
"In Winterton sowel as Bergville is daar winkels waar alles benodig vir selfversorging gekoop kan word. Daar is verskeie koffiewinkels in die omgewing en die paaie is in ’n redelike toestand - so hier en daar ’n slaggat of twee."
"Die natuur is besonders mooi en die 4 seisoene wat jy soms beleef in een dag, maak dit interessant :-). Ons gaan graag daarheen vir rus en lekker stap."
"Hou van die ongereptheid en die feit dat dit nie gekommersialiseer is nie. Hou dit asseblief so!"
"Wat het van Royal National geword die park het verval die hotel in 'n murasie dis baie jammer"
"Stop at the Draken's Burger for a burger and fries on your way. At the entrance to Little Switzerland. Excellent burgers!"
"Die ligging is baie goed en die uitsig uitstekend. Baie te doen vir die jonger geslag. Die pad na die hotel is wel teerpad maar vol erge slaggate."
"Altyd wonderlik om in die area te kom! Trotse, pragtige Suid-Afrika. Waarom sal ons oorsee gaan as ons hierdie juweel het?"