Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Interressante geboue. Baie skoon en netjies. Mooi omgewing en diverse besienswaardighede binne en buite die dorp. "
"Oudtshoorn is 'n rustige toeristedorp. Daar is baie om te sien en te doen. Die mense is baie vriendelik, jy kan stap om net 'n brood te gaan koop, en as jy Afrikaans is, sal jy wel iemand raakloop wat sommer net met jou begin gesels, of hulle jou ken of nie. Mense is nog baie vriendelik hier. Oudtshoorn se verblyf is net ongelooflik duur in vergelyking met ander toeristebestemmings."
"Oudtshoorn is baie rustig en bied baie opsies in terme van besienswaardighede. Die weer was fantasties en die Kangogrotte asemrowend. "
"Rustige dorp, vriendelike mense. Meer as behulpsaam om rigting aan te wys en inligting oor die dorp te gee. Kango-grotte is 'n moet om te gaan sien."
"Daar's baie om te doen vir kinders en lekker restaurante. Mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "
"Such a beautiful part of South Africa. We were blessed to take our kids to places we last were as kids! "
"We came from Prince Albert via Swartberg Pass and the farmland around Oudtshoorn was beautiful to see. A pity we only had a one nighter."
"Ons het heelwat besienswaardighede besoek en die pragtige natuurskoon in omgewing geniet."
"So much to do and see in Oudtshoorn. The Cango Wildlife Ranch is incredible and there is a very nice. Wine farm called Karusa which has delicious wine and well priced platters. "
"Te veel om te sien en te doen in 'n kort tydjie - sal weer terug wees."
"Oudtshoorn het baie om te bied vir toeriste. Dis 'n pragtige area en die natuurskoon is asemrowend. Die dorp is baie skoon en al die mense is baie vriendelik."
"Dit is seker een van die skoonste, vriendelikste dorpe in ons land, ons sal enige tyd terug gaan daarheen."
"Oudtshoorn is 'n absolute juweel van 'n dorp. Die ou geboue wat so mooi onderhou word, die strate wat silwerskoon is, en die stadige pas waarteen alles gebeur het ons dadelik in 'n vakansie-stemming gesit. Ons het op die stoepie van 'n restaurant gesit en ure lank net gekyk hoe mense verby stap. Die natuurskoon het sy eie mooi, en al wil jy nie die toeriste-aantreklikhede doen nie, is daar nog steeds soveel om te sien."
"Oudtshoorn is in 'n pragtige streek geleë in ons land en daar kan regtig baie geleenthede wees vir toeriste wat van die natuur en sy prag wil geniet."