Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Ons was net te kort in Oudtshoorn om al die plekkies te kon besoek. Die Kangogrotte was wel 'n eerste op ons lysie, maar die hoogtepunt was definitief die volstruisplaas. Alhoewel ons nie die toer gedoen het nie, kon die kinders die volstruise voer, wat natuurlik met groot gelag gedoen was. Ons sal definitief met 'n volgende keer die oorbly verleng."
"Lovely little town. Has amazing things to see and do. Lots of places to eat. Really great."
"Ons het op Sondag daar aangekom, dus is dit maar moeilik op 'n Sondag met die uitstappie in Oudtshoorn. Die weer was maar baie warm gewees en kon nie regtig uitgaan nie, en ons baie baie lekker geëet by een van die koffieplek in Oudsthoorn. "
"Oudtshoorn is die skoonste en vriendelikste dorpie wat ons al in was - sal definitief weer 'n draai maak. "
"Baie stil en rustige omgewing, maar bied groot verskeidenheid eetplekke, besienswaardighede, wonderlike argitektuur en doendinge. Klimaat sonnig bedags, maar koel snags lekker af. Lieflike aande en vars oggende. "
"Ons het dit weereens geniet, die omgewing verken en sal Oudtshoorn weer besoek met sy vriendelike mense en hulpvaardige personeel."
"Baie besienswaardighede in die omgewing en jy het definitief 'n week nodig om alles te doen en te besoek."
"The people there are friendly. There's also a lot of tourist attractions. I would recommend anyone to go to Rust en Vrede Waterfalls. "
"Such an interesting destination, the whole family’s interests is catered for."
"Visit 5 Shy Meerkats for a wonderful early morning surprise."
"Baie lief vir Oudtshoorn. Ek is 'n gebore Karoo-kind so ek voel tuis in Oudtshoorn."