Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Moet nie die laaste naweek van die maand jou besoek daar beplan nie. Dorp is dan oorlopens vol en vuil. Mense vertrap jou en maak die kuiertjie nie so lekker nie. "
"'n Pragtige dorp en die onverwagte sneeu was vir ons 'n eerste sedert ons al die afgelope 20 jaar jaarliks kom kuier."
"Baie oulike outydse dorpie met baie aktiwiteite om as gesin saam te doen en dit is nie vêr uit mekaar uit nie. Baie beïndruk met die wegbreek Oudtshoorn toe."
"Ek koppel Oudtshoorn aan 'fees'. Maar ons doen altyd ander uitstappies ook, en geniet die omgewing."
"Ons was vanjaar by ons sewende Klein Karoo Klassique, wat vir ons uitstekend is."
"Dit was lekker gewees om die karoodorp Oudtshoorn te verken. 'n Mens het beslis twee tot drie dae nodig om die belangrikste te sien. Net jammer dat die Swartbergpas gesluit was agv vloed gedurende ons besoek. Oudtshoorn het ook heerlike koffie en eetplekkies."
"Die tydjie was te kort om die dorp behoorlik te verken Sal moet teruggaan vir meer toeriste uitstappies."
"Ons het die Krokodil Ranch besoek en die mooiste wilde diere daar gesien. Mens voel jammer vir die diere in hokke, maar die mense daar doen wonderlike werk met die jagluiperds. Ons het die volstruisplaas ook besoek en dit was baie lekker en goed. Daar is nog baie dinge om daar te doen. Die dorp is netjies en skoon met 'n lekker toerismeburo waar jy alles kan uitvind."
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."
"Oudtshoorn is een van die juwele van Suid-Afika! Die Kangogrotte, Hi-Gate Volstuisplaas, die Krokodilplaas (met pumas ingesluit) en Wilgewandel vir die jongspan, met sy kameelritte en foefie slide, is als bereikbaar binne minder as 'n halfuur se ry. Dan is daar boonop Meiringspoort, die asemrowendste poort in Suid-Afrika, wat so 'n uur se ry weg is. Vir 'n onvergeetlike dagreis, kan mens gaan kuier in die Hel, wat afdraai uit die Swartbergpas. Andersins, kan mens uitry vir die dag na Prins Albert, via die Swartbergpas of Meiringspoort."
"Daar is so baie plekke wat ons nog nie gesien het nie en sal beslis weer terug na Oudtshoorn gaan."
"Dit is verseker een van die rustigste dorpe met alles binne bereik hetsy per motor of te voet."