Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Oudtshoorn lê ons baie na aan die hart weens die Grootvoël Boeremusiekfees wat die afgelope 3 jaar daar gehou word."
"Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense."
"We enjoyed Cango Wild Ranch encounters with the animals. Wilgewandel restaurant's food is great. Not that far from George and Knysna. We went to the Knysna elephant park. "
"We were on our way home to Hermanus from Kruger, so this route suited our itinerary by avoiding the heavy trucks on the N1. "
"Baie lekker dorp, behalwe dat ons by Black Swan restaurant wou eet en die dame wat na ons toe gekom het was vreeslik onbeskof en het vir ons gesê hul is vol binne, maar ons kan buite sit. Toe ek vir haar sê die wind waai en dis koud, sê sy vir ons om in die rokerskroeg te sit en draai om en loop weg. Ek is deel van die Auto Mobile Association en besit 'n werkswinkel van hul en gaan dit met hul opneem, asook 'n brief in Oudtshoorn se koerant skryf om toeriste te waarsku om weg te bly van die Black Swan. Maar ons het nog steeds 'n wonderlike naweek gehad. "
"Buffelsdrif is 'n wildsplaas net buite Oudtshoorn en beslis 'n aanwins om 'n skemerkelkie te gaan drink op die houtstoep wat oor 'n dam uitkyk. Die Kangogrotte is ook binne bereik van Oudtshoorn asook 'n paar volstruisplase. Sal volgende keer meer as een aand daar vertoef, want daar is te veel dinge om in een dag te besoek. The Black Swan restaurant het 'n gesellige atmosfeer en kan aanbeveel word. "
"Altyd lekker om daar te kom. Baie mooi omgewing met baie interessante plekke in en om die dorp."
"Siestog, van die strate lyk soos ploeglande sonder 'n stukkie teer! Ons indruk is dat die dorp swaar kry."
"Ons het nie tyd in Oudtshoorn deurgebring nie. Onbekend aan die toeristebestemming."
"Love Oudtshoorn, people are very friendly and there are lots of attractions and beautiful restaurants to visit."