Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Dit is in die walvis-deel en naby Kaapstad (een en 'n half uur) met die mooiste natuurtonele denkbaar."
"In teenstelling met die gekommersialiseerde Weskus, het Struisbaai nog 'n kleindorpse atmosfeer. Die mense is warm en vriendelik en daar is allerlei doendinge in die kontrei. Die Pelican-restaurant by die hawe is 'n besoek of twee of drie, werd. Die lang wit strand en die plankiespad oor die fynbos bied asemruimte vir enige stadsbewoner. Ons sal weer kom!"
"Good idea to take all groceries/wine, etc with you as supplies are limited locally. "
"Lekker wegbreekplek na 'n stil en skoon plek, met vriendelike plat-op-die-aarde-mense."
"Ons het die Saterdagoggend markie saam met die inwoners geniet en lekker knoesige eetplekke. Ons kan gehalte van kos, wyn en diens by Oak en Vigne sterk aanbeveel. Greyton was n besoek werd."
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."
"We were surprised on a Monday night to find our two first choice restaurants full eventually going to our third choice. So perhaps book a restaurant in advance."
"Ek dink Villiersdorp is 'n goeie keuse om as basis te dien vanwaar die Overberg en selfs Franschhoek en omgewing verken kan word. Lekker stil en uit die gewoel van plekke soos Hermanus en Franschhoek."
"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Wonderlike wynplase om te besoek, Almenkerk & Paul Wallace. Persoonlike aanslag by Paul Wallace soos lanklaas beleef."
Hemel-en-Aarde Valley, Overberg
Heaven & Earth Cottage"Sal definitief dit aan beveel en selfs weer daar gaan bly."
"'n Klein kafee met die basiese benodigdhede sal great wees. Om na Spar toe te ry is net bietjie te ver om te stap aangesien ek orals wou stap."