Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Gaan gereeld Hermanus toe, een naweek elke twee maande, maar bly by vriende in Voëlklip en kry nie kans om dorp te verken nie .Sal definitief weer by Windsor gaan bly."
"Paradiso Restaurant is die plek om die heerlikste pizza te kry met goeie diens. Heaven and Earth horse Trails is waar jy op 'n perd se rug die buitelug kan geniet en die asemrowende natuurskoon kan in neem."
"Lieflike plattelandse dorpie. Vredig, met pragtige wandelroetes, eet- en drinkplekkies, plaasmarkie op Saterdag en Zippy's (plaaslike supermarkie)! Greyton se gemeenskap het die kuns van "cottage living" vervolmaak. "
"Dorpie is regtig mooi en goeie bestemming vir 'n besoek van 2 dae. Die mark op Saterdae is lekker, veral die pannekoek."
"Ons is miskien bevooroordeeld, aangesien ons in die Overberg woon en werk. Daar is nouliks 'n ander toeristebestemming wat mooier natuurtonele bied. Dit maak nie saak in watter seisoen 'n mens hier kom kuier nie, daar is altyd asemrowende taferele wat 'n mens laat hunker na nog meer."
"'n Netjiese, skoon en veilige dorp met heelwat aktiwiteite in en om die dorp om as 'n gesin saam te geniet."
"We think Fishethaven is nearby Hermanus and other places. It is a lovely place to stay."
"Baie mooi en pragtige omgewing. 'n Besoek aan McGregor is 'n moet. Veral Tebaldi's se restaurant. "
"Stil in die winter-midweek, maar dis te verwagte. Fantastiese bergfietsroetes al rondom die dorp en op en af met die verskeie omliggende berge en koppies!"
"Definitief die moeite werd om te besoek indien jy 'n wegbreek soek van die daaglikse gewoel van die stadslewe."
"Oulike winkeltjies, lekker koffieplekkies, pragtige ou wonings en al die groot supermarkte wat nodig is."
"Onrus as vakansiebestemming is fantasies! Naby genoeg aan die luggage, ver genoeg van die stadsgewoel."
"Struisbaai is een van ons gunstelingplekke om van die wêreld te gaan vergeet. Dit het beslis die mooiste kus in die hele Suid Afrika en daar is iets baie "magical" aan Struisbaai!"
"Tyd moet gemaak word om Swellendam te besoek, dis rustig met baie besienswaardighede."