Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing."
"Sandbaai is naby genoeg aan Hermanus, maar ook ver genoeg weg van al die gewoel. Dis 'n ideale plek om te gaan rus."
Hemel-en-Aarde Valley, Overberg
Robin's Nest"Dit is voorwaar 'n baie indrukwekkende plek. Tuine lieflik, en al die ander geboue/huise was ook baie netjies. Sal dit beslis aanbeveel."
"Dit is 'n pragtige dorp. Dis jammer dat die restaurant by die ligtoring toegemaak het, dit was altyd 'n hoogtepunt. Hulle kos was altyd baie spesiaal. "
"Ek is mal oor Hermanus! Dis pragtig en daar is lekker mense en baie dinge om te doen!"
"Kleinmond het 'n baie spesiale plek in my hart. Nie te ver om van die stad se gewoel te ontsnap nie, rustig en stil genoeg om weer asem te haal, maar ook genoeg om te doen om besig te bly. Die hawe is altyd 'n lekker uitstappie met vriendelike mense wat jou soos 'n ou inwoner laat voel."
"Die kombinasie van see, walvisse, berge, top-restaurante en wynplase sorg vir 'n baie spesiale ervaring. "
"Fantastiese, rustige plek. Mooi skoon strande en ek het veilig gevoel om met my seun af te loop strand toe. Al die inwoners is vriendelik en mens voel sommer tuis."
"Sou graag meer dinge wou doen, maar het gevind dat dit vir die gewone mens onbetaalbaar duur is, soos byvoorbeeld die bote wat uitgaan om walvisse te kyk."
"Rustig, stil en beeldskone natuur, dorp is netjies en skoon. Baie walvisse gesien. Wonderlik. Lekker strand om met honde te loop as mense hulle honde aan halsbande hou. Die beskikbare winkels is bietjie duur, reken dit is omdat dit uit die hoofstroom is."
"Het 'n lekker rustige landelike atmosfeer. Naby goeie visvangplekke. Ek gaan gereeld daarheen vir 'n lekker wegbreek."
"Pragtige dorpie met nodigste winkels. Moenie te veel uitbrei nie. Hou van hoe dit tans is."