Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6810 resensies.
"Baie oulike dorpie, en vreeslik rustig om net weg te breek van die stad af."
"Didn't get to see Stingrays, was disappointed with harbour restaurant Catch service. People are generally friendly, place is very clean and fresh."
"'n Mens kan vinnig agterkom hoekom Greyton die 'Dorp van die jaar' toekenning gewen het. Die hele gemeenskap is aktief betrokke by die ontwikkeling en bevordering van Greyton. Met sy ryk geskiedenis en die bewaring daarvan sal Greyton altyd mense se aandag lok en besoekers na hom toe aantrek. Hierdie dorpie staan kop en skouers uit bo ander!"
"Die ongereptheid, die grondpaaie en stilte was absoluut wat ons nodig gehad het. Dis naby genoeg aan Hermanus en Die Strand vir aankope, maar ver genoeg van al die woelighede om net in vrede asem te haal en die stadsgejaag te ontsnap."
"Vriendelike en behulpsame mense, groot verskeidenheid see-aktiwiteite."
"Ek is versot op Gansbaai! Daar kort net regtig 'n goeie, knus restaurant wat uitkyk op die see met 'n lekker atmosfeer. Iets wat modern en nie te duur is nie. Daar is restaurante - die 1 is altyd toe na ure, die ander 2 is op die hawe maar oud en weggesteek. Die 1 is meer n kroeg. Daar is 'n Wimpy en 2 bistro's maar hul moet jy bespreek en is weggesteek in die hoofstraat, ver van 'n mooi uitsig."
"Dis ons 'go-to' plekkie as ons vinnig besluit op 'n bietjie asem gaan skep - daar is altyd iets om te doen, jy is naby alles en dis 'n lieflike atmosfeer!"
"Witsand is 'n klein dorpie, met 'n pragtige strand. Die mense is vriendelik, gasvry en hulpvaardig. Dit is 'n plek waar jy van die gejaagde stadslewe kan ontkom, en net weer heel word."
"It is a quaint, small town, surrounded by agriculture. Shaws Pass is spectacular."