Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Beautiful setting, lovely walks, lighthouse had lots of information that was accessible. A setting for a wonderful experience."
"Dit is 'n pragtige dorp met baie mooi besienswaarhede soos die ligtoring, die suidste punt van Afrika en 'n skeepswrak. Dis 'n mooi skoon dorp en het 'n baie rustige atmosfeer. Die restaurante is ook van hoogstaande gehalte en ons kan verseker vir Seagulls en Zuidste Kaap Pub en Restaurant aanbeveel. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en hulpvaardig. Baie dankie vir die heerlike tyd wat ons in julle pragtige omgewing kon spandeer."
"Baie ideaal vir stappers, drawwers en fietsryers. Dorpie is skoon met lekker atmosfeer. Sou graag meer interessante winkeltjies wou sien soos in ander soortgelyke plattelandse toeriste-dorpies"
"Pragtige en rustige stranddorp. Die Breederivier en see-uitsig is pragtig. Ons beveel graag Pili Pili Restaurant aan vir lekker etes en uitstekende diens."
"Ideale ligging om die Overberg te verken. Die dorp is skoon en netjies, alles wat mens nodig het is daar. Strande en staproetes in oorvloed. Regtig 'n mooi kusdorp."
"Generally a wonderfully clean town and very friendly people. love all the animals as well."
"Dit is baie rustig, nie veel om te doen nie. Ons was maar Struisbaai toe en het naby die see gaan eet."
"Sal graag eendag weer wil teruggaan om dit behoorlik te besigtig en tyd daar te spandeer. Die dorpie kan beslis as goeie toersimebestemming geadverteer word. Daar is so baie om ook rondom die dorpie te besigtig en te geniet."
"Oulike dorpie met oorgenoeg om te doen vir 'n week of 'n naweek. Dit is ook baie sentraal tot ander dorpe, maar verdien 'n verkenningstog in eie reg. Daar is 'n Saterdagmarkie."
"Goeie toeristebestemming. Sal weer besoek. Baie nuttige inligting by Toerisme-inligtingskantoor. Dorp skoon en netjies."
"Great little town where you can walk around the town center and along the water front for the sea views, watching the whales and getting a meal or beverage."
"Beautiful town with architectural gems, worthwhile attractions and some good restaurants and coffee shops."
"Beautiful little village that is clean, quiet and well worth visiting. Friendly community."