Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 2438 reviews.
"Kaapsehoop is 'n pragtige klein dorpie en die inwoners is baie vriendelike en laat jou baie welkom voel. Diens by die onderskeie besighede is uitstekend!"
"Ons het baie lekker gekuier by Kaapsehoop. Die uitsig vanaf die bopunt van die staproete is ongelooflik. Die gasvryheid en vriendelikheid van die inwoners en besigheidseienaars was iets om te onthou en ons sal beslis weer terugkeer. Ek beveel die dorp ten sterkste aan as 'n naweekbestemming, die ideale plek vir ons stadsmense om bietjie weg te kom en rus en vrede te ervaar."
"Terrible potholes in and around Sabie, Graskop, Pilgrims Rest. Tourist information in town was closed over the weekend. Many stores and establishments closed down in Graskop, Sabie and other surrounding towns. Roads and Towns neglected but all expected as a result of the pandemic. The accommodation more than made up for all of this."
"Graskop is sentraal geleë om al die besienswaardhede soos 3 rondawels, Abel Erasmuspas, watervalle, God's Window en kolkgate te gaan besigtig."
"Paaie in dorp in swak toestand veral as dit in 2012-dorp van die jaar was."
"Sabie is afhanklik van die toeriste bedryf en siende dit nou so beperk is, is dit belangrik dat ons binne ons eie grense reis en hierdie tipe dorpies ondersteun. Die personeel by al die plekke waar ons was, was baie vriendelik en ook besorg oor jou veiligheid so praat met hulle en neem hulle advies dit kan jou jou hele ondervinding verander. Die Sabie Brewery se kos is fantasties, pryse is goed en hulle personeel ook! Die paaie kort aandag so hou jou oe oop en probeer om nie in die nag te bestuur nie die mis kan baie erg wees. The Elephant restaurant se kos was ook lieflik en pryse goed."
"Lanklaas so 'n pragtige plek besoek. Die dorpie is silwerskoon en die mense is ongelooflik vriendelik. Sabie met sy watervalle en pragtige natuurskoon is 'n ware lus vir die oog en vir enige natuurliefhebber. Die perfekte aftreeplek."
"Ons gaan nou al 20 jaar lank in daardie rigting en die Tonteldoospad is nog al die jare baie sleg, moenie met jou plat kar met laeprofiel-bande gaan nie!"
"Would like to see more to buy. Little gift, maybe a nice shirt or hat. I would love to stay there and bring a bit more excitement into the town."
"Mooi natuurskoon, lekker eetplekke, watervalle en uitkykpunte. Die stoppunte kan gevaarlik wees vir diefstal in motors, so mens moet maar versigtig wees. Interessante dorpies met baie geskiedenis en winkeltjies soos Graskop, Sabie, Pelgrimsrus en Hayzview."
"Pad tussen Dullstroom en Lydenburg baie sleg met slaggate. Natuurskoon pragtig."
"As die plekke stil is gaan die besienswaardighede vinnig so dan kan ons alle plekke vinnig besoek en kan nie besig bly vir 3 dae nie."
"Abe se Glass House restaurant reg langs Blyde Chalets is 'n moet gaan kuier as jy in Graskop is."
"Die weer speel nie altyd so mooi saam nie, so neem dit net in ag as jy 'n trippie reël. Wanneer dit bewolk is moet jy net 'n plan B hê vir binne aktiwiteite. Neem ook in ag dat die trippie van Pretoria af heelwat langer kan neem weens padwerke en slegte paaie."
"My asem weggeslaan. Niks behalwe 'n persoonlike ervaring kan die natuurskoon in hierdie omgewing gestand doen nie."
"Die paaie in die dorp en na van die watervalle is onbegaanbaar met 'n normale gesinsmotor. Kon nie orals gaan waar ons graag wou nie."