Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Parys is 'n pragtige dorpie en bied baie vir besoekers, dit is net 'n jammerte dat die infrastruktuur in die dorp vervalle raak as gevolg van 'n hopelose stadsraad."
"Baie nice dorp, met alles wat jy nodig het. Hoofstraat net erg besig met verkeer, veral vragmotors. (Wens vragmotors kon op 'n manier buite om die dorp gery het)."
"Kan sien hoe die dorp agteruitgaan. Paaie is ongelooflik sleg. Drinkwater is 'n gesondheidsrisiko, tensy jy jou eie koop."
"Mal oor Parys en al die winkeltjies! Ek is lief vir koffiewinkeltjies en daar is regtig te veel om van te kies. Sal gou weer terug wees!"
"Parys, sounds small and boring, but it is so much more. A lot to do and places to see. Great break from the busy city life."
"Oulike winkeltjies, maar andersins nie veel om te doen vir kinders nie. Die kraanwater ruik ook sleg en kan nie net so gedrink word of selfs in die ketel gebruik word vir koffie nie. Dit was dieselfde terugvoer vanaf Spur op die dorp."
"Die dorpie self bied nie baie vir kinders nie, maar daar is wel aktiwiteite en ander plekke in die omliggende areas."
"Parys is die mooiste dorp met regte Vrystaat-gasvryheid. Besoek gerus Ploeg Jy vir 'n lekker kuieratmosfeer en uitstekende kos!"
"Parys is a calm and quiet town with surprises. Pity they have closed access to the river park. Businesses should lobby for its reopening and public access."
"Parys bly altyd 'n unieke plekkie om te besoek. Het die Hartelus mark geniet."
"Kon nie in die dorp tyd bestee nie as gevolg van ons skedule. Maar daar waar ons was, was dit altyd lekker om te sien watse ywer die mense jou mee help."
"Swaar voertuie beweeg baie vinnig deur die dorp. Spoedhobbels en voetoorgange, veral by die draai by 'en Style' winkel sal 'n groot verskil maak."
"Parys se hoofstraat is amazing met sy klein winkeltjies. Hartlus mark is baie uniek elke 1ste Saterdag van nuwe maand. Dan op pad huis toe, stop by Pont del something vir wynproe. Baie lekker area."
"Extreme poverty in the township. The alien vegetation in the river needs to be cleared, and the plastic removed."