Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 958 reviews.
"As jy genoeg tyd het; is daar altyd nog 'n antiekewinkel om in te loer; ek het alles en nog wat gekry wat op my "shopping-lys" was. As jy een van die restaurante wil besoek op 'n naweek; maak seker jy het bespreek; dit kan 'n probleem veroorsaak."
"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
"It was gladdening to see the streets have been repaired since the last time we were there. Interesting little shops and very friendly people."
"Ons geniet Parys elke keer as ons daar gaan kuier. Ons is mal daaroor om in al die pandjieswinkels rond te loop en bring elke keer 'n vrag oudhede terug huis toe."
"Lekker wegkom, ontspannende dorpie. Jy kan bietjie van alles vergeet en die kunstige atmosfeer geniet en die natuurskoon inneem."
"Baie lekker gekuier in die dorp. Restaurante is fantasties en daar is baie om te sien in die antiekwinkels."
"Pragtige dorp, die strate kort bietjie aandag, maar ek sien party plekke word aan gewerk so dalk lyk dit beter volgende keer!"
"Oulike dorpie en Vaal de Grace Golf Estate is pragtig! Die paaie is net in 'n swak kondisie."