Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Baie nice, en lekker plekkies om te besoek, was lekker vir 'n familie naweek."
"Was my eerste besoek aan Parys en was aangenaam verras met die dorp. Almal is baie vriendelik en behulpsaam. Sal graag weer besoek. Twee goeie gholfbane in die dorp."
"Dis heerlik om in die winkeltjies rond te dwaal. O's restaurant is 'n absolute moet: die kos is onverbeterlik, die diens flink, die personeel gasvry en dit is reg langs die rivier wat dit 'n spesiale bekoring gee. Lekker Bistro was ook 'n baie lekker restaurant en Angelo's Pizza maak beslis die grootste en lekkerste pizza's in die land!"
"Probeer gerus Lekker Bistro vir heerlike kos en 'n lieflike atmosfeer. En besoek gerus Pine's Emporium vir 'n magdom interessanthede, oudhede, fudge en nog meer."
"Daar is heelwat klein winkeltjies wat allerlei ditjies and datjies verkoop met uniekheid om elke hoekie in Breestraat. Wonderlike eetplekke ook in Breestraat wat alles stapafstand is, wat elkeen unieke spyskaart met sy eie belewenis bied. Kiki's Vintage Photo studio is ook iets om nie te mis nie."
"Parys is 'n pragstuk van 'n bestemming met die fraaiste plaaslike winkels. As jy nie iets vind om jou mee besig te hou in die dorp self nie, sal jy vir seker iets in die omliggende dele kry om te doen."
"`n Heerlike dorpie waar jy self kan besluit of jy die heeldag gaan besig wees of net ontspan en rustig wees. 'n Dorpie wat definitief gedurende jou leeftyd besoek moet word. Dit was nou my 5de keer en weereens was ek verras met alles."
"No street names to be seen anywhere. Real problem for visitors who do not know their way. "
"We love the small shops, antique shops and lovely restaurants. We will definitely be back soon."
"Afhangende wat jy soek as toeris. Hoofstraat is baie raserig met trokke. Maar dis 'n baie lekker plek."