Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 958 resensies.
"Dis heerlik om in die winkeltjies rond te dwaal. O's restaurant is 'n absolute moet: die kos is onverbeterlik, die diens flink, die personeel gasvry en dit is reg langs die rivier wat dit 'n spesiale bekoring gee. Lekker Bistro was ook 'n baie lekker restaurant en Angelo's Pizza maak beslis die grootste en lekkerste pizza's in die land!"
"Probeer gerus Lekker Bistro vir heerlike kos en 'n lieflike atmosfeer. En besoek gerus Pine's Emporium vir 'n magdom interessanthede, oudhede, fudge en nog meer."
"Parys is 'n pragstuk van 'n bestemming met die fraaiste plaaslike winkels. As jy nie iets vind om jou mee besig te hou in die dorp self nie, sal jy vir seker iets in die omliggende dele kry om te doen."
"We love the small shops, antique shops and lovely restaurants. We will definitely be back soon."
"Hulle kan aandag gee aan die waterprobleem as dit beurtkrag is!"
"As daar water en elektrisiteit is, is dit die ideale vakansiedorp met baie om te doen vir oud en jonk."
"O's Restaurant and Hoi Polloi Restaurant that we visited where pet friendly which was amazing."
"Oor naweke lewe Parys met besoekers van heinde en verre! Atmosfeer soos dié van 'n kunstefees. Groot verskeidenheid eet-en kuierplekke. Vele geleenthede vir snuffel-kyk en koop."