Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1616 reviews.
"Dis jammer om die impak van die restaurant / drank / reisverbod op Paternoster te sien. Daar was so min mense die naweek daar. Dis ons gunsteling Weskus-bestemming en ek kry mense jammer wat daar woon en werk as als moet toe maak."
"Pragtige vissersdorpie! Sou graag dit wou besoek as die restaurante nie toe was as gevolg van die grendeltydperk nie."
"Paternoster het ons harte gesteel. Ons het letterlik alles en nog wat besoek. Ons komplimente aan al die dienspersoneel wat ons in elke plekkie mee gesels het, hulle diens was uitsonderlik en almal het ons laat welkom voel met vriendelike gesigte en glimlaggies. Paternoster het vir ons 'n onvergeetlike vakansie besorg en selfs die weer het saamgespeel. Ons sien julle definitief weer. Baie dankie. "
"I would have rated higher (great foodie and art destination with gorgeous beaches) but the youngsters harassing you on the weekend is quite off-putting. Week day visits are far quieter, but take note that many of the restaurants are closed on a Monday."
"Awesome holiday destination. Would recommend it to anyone that's looking for that peaceful and quiet, but value for money getaway."
"Dis 'n heerlike dorpie om in rond te loop, lewe is rustig, mense vriendelik en die winkeltjies - uitstekend!"
"Oulike rustige plekkie. Mooi uitsigte. Blikkies Pizza beslis 'n lekker restaurant. Vriendelike mense in Paternoster. Sal beslis weer kom kuier."
"Dit is net jammer van al die rondlopers wat aan die deur klop om seekos en ander goedere aan jou te verkoop."
"Wat 'n fantastiese plek. Nie net mooi nie, maar almal is so vriendelik en trots op hulle dorp. Ons sien julle binnekort weer."
"Paternoster bied baie vir die reisiger van ver af: Die see, die restaurante wat seekos op die tradisionele Weskus-manier voorberei en die strand wat skoon is van rotse, alhoewel daar 'n sekere gedeelte wel rotse het aan die ver kante."
"Paternoster pragtig. Behalwe vir die onaangename besoek aan welbekende kunsgalery die kunstenaar het ons besoek so ontsier, onaangenaamste, onvriendelike persoon. Na die besoek was ons so ontsteld."
"Love die plekkie met sy klein winkeltjies en lekker restaurante en die mense is almal vriendelik. Dis regtig 'n heaven met sy mooi huisies en strand."