Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1616 reviews.
"Ons het met vensters oop geslaap en ons het veilig gevoel ook met ons bakkie wat buite staan. Strand mooi oop en skoon en heerlik vir lang stappe selfs vrou-alleen. Nooit onveilig gevoel nie."
"Paternoster is die een plek wat ons weer en weer sal besoek. Daar is geen ander plek soos Paternoster nie. Ons besoek dit nou al vir 25 jaar en elke keer beplan ons dadelik wanneer ons weer Paternoster toe gaan!"
"Shaldene Jordaan en Gretchen Schrader by Stay in Paternoster kantoor was baie vriendelik en behulpsaam."
"Die eenvoudige vissersgemeenskap-bekoring gemeng met moderne gemak en ontwikkeling is definitief 'n wenresep. Heerlik gekuier by 'n paar verskillende watergate en die kunselement is uiters gepas. Hier kan jy definitief doen waarvoor jy lus is. Van niks tot alles."
"So lekker om te sien dat paternoster nou ook 'n brouery oop het en dat paternoster so 'n mooi klein dorpie op sy eie is, maar ek sal weer binnekort kom kuier."
"What a gorgeous little dorpie with everything to offer that is the West Coast, worth a visit!"
"Ek is mal oor Paternoster. Dit is die beste plek om weg te kom van die stad en die strand daar is altyd rustig. Daar is soveel om te sien en doen, maar die rustigheid van die dorp maak dit die perfekte plek om die seelug in te skep en so bietjie te kuier. "
"Paternoster is 'n baie mooi dorp en het al vreeslik uitgebrei. Dis net jammer vir die mense wat so bedel en kreef probeer smous. Dit gaan op die ou end maak dat mense nie meer daar wil gaan kuier nie."
"Jy moet dit self ondervind. Daar is nie woorde nie. Twee nagte is te kort. Die tyd vlieg verby."
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."
"Paternoster is 'n regte droomdorpie, goed geleë tussen soveel mooi plekke en naby Weskus Mall as mens aankope wil doen. Jammer net dat die crime so 'n probleem is, maar andersins was dit net 'n voorreg om daar te kon wees."
"Beautiful town with such lovely little shops one could spend hours in. Great beach. So many dining options and all really good that it makes it hard to choose. Definitely head to the Lobster Wharf even if it's just for cocktails. We were so impressed with this special place and cannot wait to visit again."
"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."