Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Paternoster is 'n baie lieflike plek sal enigeen aanbeveel om Paternoster te besoek. Pragtige uitsigte en vriendelike mense."
"Baie lekker eetplekke, na my mening bietjie duur, maar die diens was oral uitstekend.Jammer vir die lastige kreefsmouse."
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"'n Besonderse unieke dorpie. Baie romanties en perfek vir diegene wat hou van seekos, braai, stap en volkome ontspan."
"Paternoster is one of our favourite holiday destinations. Will definitely return, hopefully soon!"
"Dis mooier as die prentjie wat ek vir myself voorgestel het hoe die dorpie moet lyk. Baie rustig en ontspanne en presies waarna ons op soek was vir 'n wegbreeknaweek. Byna 'n klein weergawe van die Griekse eilande. "
"Paternoster is die mooiste Weskus dorpie - wonderlik vir foto's neem en het baie oulike restaurante. Ongelukkig word daar net te veel ingebreek in voertuie en blykbaar ook in huise - wat dit 'n bitter smakie gee."
"Wonderlike (en groeiende) Weskus-dorpie. Regte plek om 'n paar dae lekker te ontspan."
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."