Verified Reviews
Pennington
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pennington
Rated 4.6 out of 5 based on 169 reviews.
"Pennington is 'n rustige dorpie. Half weggesteek van al die gejaag. Dis groen en bebos en skep 'n rustige atmosfeer. Naby genoeg aan ander strande om te ry en plekke te besoek. "
"Beautiful getaway from the hustle and bustle of daily hectic life. Quiet town With excellent views and whale watching with quiet beaches and friendly neighbours."
"Sentrale bestemming met verskeie doendinge in die omgewing. Perfek vir gholf-vakansies ─ fantastiese baan."
"Hierdie is 'n baie rustige dorpie met baie om te bied vir rus. Dit is naby genoeg om meer te doen as jy wil. Naby aan baie plekke met aktiwiteite."
"Lekker rustige atmosfeer weg van die alledaagse gejaag van die stad. Plek om rustig te word en net familie tyd te hê.."
"Pennington is nog een van die Suidkus dorpies waar jy kan vakansie hou. Rustig en skoon."
"Baie dankie vir die gasvryheid. Ons het heerlik gebly en het onmiddellik verlief geraak op Pennington. Kan definitief aanbeveel. Skoon en netjies en die natuurskoon is wonderlik."
"My enigste klagte is die water wat partykeer baie min en sommige oggende het ons glad nie lopende water gehad nie."
"Baie dankie, ons het 'n onvergeetlike vakansie gehad, en sal definitief aanbeveel. Die strand is baie netjies en skoon, met die oulikste koffiewinkel reg langs die strand. "
"Die woongebied Pennington is 'n goeie toeristebestemming met verskeie interessante plekke om te besoek. Die mense is oor die algemeen baie vriendelik."
"It would be great if the homeowners and business owners would take a little more pride in the pavements in front of their homes and businesses. Being a conservation area it is great to take walks but disappointing in the maintenance and cleanliness of the some of the pavements and streets."
"Pennington is 'n baie rustige dorpie. Dit mag dalk te rustig wees vir sommige mense, maar ons het dit geniet. Scottburgh is net 'n klipgooi ver vir mense wat meer dinge soek. Pennington se strand is pragtig. Ek sou net nie sê dis 'n swemstrand nie. Maar die strand is ook nie oorvol nie. "
"Beautiful and peaceful and quiet conservancy environment. Thoroughly enjoyed our stay and in particular our breakfast at the Impithi beach kiosk while watching birds diving for sardines, dolphins frolicking and whales flashing their tail fins in the background, as well as our conservancy walk. A lovely base to explore the rest of the South Coast!"