Verified Reviews
Pennington
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pennington
Rated 4.6 out of 5 based on 169 reviews.
"The little village was perfect for our needs and the beach was beautifully clean. We enjoyed the peace and quiet."
"Ons het net oornag en het net tyd op die golf landgoed deurgebring. Landgoed in baie goeie toestand, spyt ons kon nie langer bly nie. Sal definitief weer van verblyf gebruik maak indien in daardie area. Hoogs aanbeveel."
"Het al 'n paar keer in Pennington gebly vir vakansie, rustige atmosfeer en nie te besig. "
"Pennington is 'n lekker stil plekkie, moes ry vir winkelsentrums, strand is baie lekker, rustig en skoon."
"Lieflike dorpie met baie vriendlike inwoners. Altyd bereid om die ektra myl te loop vir toeriste."
"Strand baie netjies en skoon, hulle kan net sand verwyder uit getypoel. Winkels voldoende."
"Pennington se strandkafeetjie (Impithi Beach Kiosk) wat bedryf word deur die Pennington Bewaringsliggaam (Pennington Conservancy) se ligging, produkte en diens is puik. Die spyskaart is keurig en die kos goed. Daar is op sekere dae tuisgemaakte pasteie. Gaan vind vroeg uit wanneer dit deel vorm van die spyskaart! "
"Lieflike dorpie. Vriendelike inwoners. Naby aan groot sentra. Baie dankie, regtig die moeite werd om te besoek."
"Ons het Pennington baie geniet. Heerlike, stil plek, pragtige natuurskoon. Dalk bietjie te stil vir tieners, maar sal definitief weer soontoe gaan."