Geverifieerde Resensie
Port Nolloth
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Nolloth bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 228 resensies.
"Jammer dat die Weskusdorpe so swaarkry met die visfabrieke wat so toemaak en werkloosheid wat lei to baie misbruik van alkohol en bedelaars by die winkels."
"Unfortunately Port Nolloth has been left financially struggling after the collapse of the main original crayfish industry and probably Covid travel restrictions but it did not have much to offer for us."
"Port Nolloth het ons verras. Ons het lang ente op die strand gaan stap en het veilig gevoel die hele tyd. Van die inwoners het kom groet en te lekker gesels. Ek kan sien dat 'n mens werklik daar kan rus. Die hotel se aandete was smaaklik. "
"Dit was 'n regte Weskus-bekoring om daar te kon wees. 'n Rustige, netjies dorpie met vriendelike en hulpvaardige mense."
"Die netheid van die dorp is opvallend en ook die woongebiede is baie netjies en die basiese onderhoud word daagliks gedoen. Ek reis op 'n gereelde basis deur klein dorpies in die Wes- en Noord-Kaap en vir seker is Port Nolloth 'n voorbeeld vir die meeste van hulle sover as netheid betref. Iemand in die dorp bestuurspan maak vir seker 'n groot verskil met natuurlik die ondersteuning van 'n baie trotse gemeenskap."
"Eerste besoek daar en slegs 2 dae. Weer was aaklig, miskien beïnvloed dit my besluit om nie weer daarheen te gaan."
"Port Nolloth is a unique destination, not to everybodies taste. But great for relaxing and getting away from all the city buzz."
"Vriendelike mense, heerlike resturante en wegneem-winkeltjies. Sal baie beslis weer Port Nolloth besoek vir 'n langer tydperk."
"Op pad daarheen begin jy wonder of jy die regte bestemming gekies het. Lang pad en oop duine-vlaktes, maar Port Nolloth is 'n besoek werd - veral vir diegene wat ook hou van ons ryke geskiedenis!"
"Ons was teleurgesteld omdat geen van die restaurantjies oop was nie. Maar het gehoor dit was nie toeriste-seisoen nie."
"Heelwat te sien in die omgewing, kort miskiem net nog 'n gesellige eetplek of twee."
"Dit was wonderlik om als te beleef wat mens op die internet gelees het van Port Nolloth."
"Dis ’n baie oulik plek, maar ek sal net sê hulle kan die strande bietjie meer gereeld skoonmaak met die bamboes wat rondlê. maar dis tog by die see. Baie bedagsame dorp, gaan besoek gerus."
"Beslis 'n pragtige dorpie, baie skoon en netjies met interessante karakters. Ons het veral die besoek aan die museum geniet, asook die stories oor diamantsmokkelaars."
"Lê baie na aan my hart! Regte bestemming vir iemand wat na rus en vrede soek!"
"Not much to see, so only come if you want to relax by the sea. But it's too cold to swim."
"Dis 'n mooi dorpie en lekker om te sien. Mense in die besighede en restaurante was baie vriendelik. Die gebruik van drank deur jongmense op die loopplank by die see, is kommerwekkend. Uit ons eenheid kon ons sien hulle in groepies drink en die bottel rondstuur. Dit skep sekerlik nie 'n goeie beeld vir die dorp nie."
"Bedelaars 'n probleem, veral by Spar. Dorp is maar bietjie verwaarloos. Vespetti Restaurant is fantasties met heerlike kos."