Verified Reviews
Pretoria East
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria East
Rated 4.4 out of 5 based on 293 reviews.
"Een van di mooiste plekke. Kamer is pragtig. Diens is uitstekend! Sal definitief aanbeveel!"
"Die gastehuis was geleë in 'n baie mooi omgewing. Miskien te verwyderd van die middestad vir sommige persone wat reis vir saketransaksies, maar ek het dit verkies dat ek saans stilte en rustigheid kon ervaar en kon slaap in 'n omgewing sonder hoorbare stadsgeraas."
Waterkloof Glen, Pretoria East
The Aviary"Bergfietsroete, Woolworths food court en Coco's restaurant baie naby. Stil, mooi woonbuurt met maklike toegang na hoofroetes. "
Waterkloof Glen, Pretoria East
The Aviary"Waterkloof Glen is op die voorstoep van die Kloof Medi-Clinic Hospitaal."
Waterkloof Glen, Pretoria East
The Aviary"Beste waarde vir geld, regtigwaar die moeite werd. Baie lekker plek om te bly."
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Perfekte bestemming indien jy 'n smakie van die stad of spesifiek Pretoria wil kry. Veral Menlyn Inkopiesentrum is 'n paradys!"
"Pretoria-Oos bied baie lekker, klein plekkies om te besoek en te ontspan. Die beste deel van Pretoria!"
"Ons het ongelukkig nie die tyd gehad om Silver Lakes en omgewing behoorlik te verken nie; maar 'n besoek aan die "groot wilde katte" daar naby maak van Silver Lakes 'n aantrekkings area. Dit wil ook voorkom of daar heelwat eetplekke is (sommige baie duur maar lyk tog gewild) en al die nodige fasiliteite is byderhand. "
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."