Verified Reviews
Pretoria
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria
Rated 4.3 out of 5 based on 2125 reviews.
"Hatfield is een goede basis om vandaar uit het drukke Pretoria te verkennen. Ligt centraal bij de grote uitvalswegen die ook naar Johannesburg en het vliegveld gaan."
"Vir iemand wat glad nie vertroud en op my gemak is met die stad nie, was my tydjie in daardie omgewing heel lekker, en ek het baie veilig gevoel, asook was dit nie moeilik om Cosy Cottage te kry nie! Erasmuskloof sal my gou weer sien, want als is lekker naby geleë."
"Pretoria-Noord is 'n veilige plek vanwaar Pretoria, Hartbeespoort en omliggende omgewing gerieflik verken kan word."
"Colbyn is gemaklik naby aan Hatfield area, sowel as meeste ambassades. Baie geskik vir besigheidsreisiger, sowel as toeristebestemming."
"Baie mooi, rustige en veilige omgewing met naby geleë Brooklyn Mall waar jy alles kan kry wat jy benodig en verskeidenheid restaurante wat goeie waarde vir geld bied. Vinnig en maklik bereikbaar vanaf OR Tambo-lughawe."
"Garsfontein self is nie wat-wonders nie. Maar mens slaap nie oor om Garsfontein te besigtig nie, maar eerder die groter Pretoria-omgewing."
"Soutpansbergweg is 'n baie besige straat en nogal moeilik om in die verkeer te kom, veral spitstye. Die Launge 45 in Soutpansberg weg is hoogs aan te beveel vir heerlike sakpas etes. "
"Met ons kinders en ander familie wat daar bly, sal dit altyd ons bestemming in Pretoria wees."
"Dit sal goed wees as daar 'n verskeidenheid restaurante beskikbaar is en nie net een nie."
"Uitstekende ligging. Naby Loftus en toegangsroetes maklik. Ook naby baie besienswaardighede en baie veilig."
"Afhangende van die besigheid is Meyerspark 'n pragtige stil ou gedeelte van Pretoria. Vreeslik naby aan Silverton waar ons moes wees. Vir daardie doel is Meyerspark baie goed geleë."