Verified Reviews
Richards Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Richards Bay
Rated 4.2 out of 5 based on 122 reviews.
"Die plek het 'n baie swak swem strand vir mense met kinders wat hou van swem nie vir mense wat wil ontspan ,rus en geniet nie."
"Al die strande is weggespoel. Net die hoofstrand, maar daar kan jy nie op 'n besige dag beweeg nie."
"Lekker place to visit and chill, especially the harbour and the lekker food at KNK."
"Meer-en-See is goed geleë in terme van toegang tot die Waterfront en alle ander dele van Richardsbaai. "
"Is die beste strand! Pelican Island was ons gunsteling! Meer-en-see! Baie dankie dat julle ons kind se eerste see-ervaring baie spesiaal gemaak het!"
"Ons het daar gewoon vir 20 jaar. As 'n vakansiedorp is dit baie warm en geskik vir seem en visvang. Daar is ongelukkig nie veel om te doen vir die jong klomp nie. As jy jou van wild is Hluhluwe game reserve net die plek om heen te gaan."
"Geen ordentlike geriewe op swemstrand nie. Nie 'n plek om met kinders te gaan vakansie hou nie."
"Uitstekende visvang-bestemming. Die yacht club is baie netjies en akkommoderend vir kinders. Alkant strand kort ordentelike toilet geriewe wat werk, met 'n behoorlike kafeteria om iets te kan koop om te eet en te drink. Dalk weens die fees seisoen, maar die grasperk voor die strand was besoedel met gebreekte glasstukke."
"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "
"Indien u Richardsbaai via die N11 Suid (Suid van Ermelo)tot N2 Noord besoek, maan ons u om uiters versigtig te wees vir die swaar vragmotorverkeer en slaggate. Spoedlokvalle sal u amper in elke sone vind waar die spoedgrens minder as 120km/uur aandui! Richardsbaai oor die algemeen is 'n "vakansiestad" met genoeg avontuur wat in elke behoefte sal voorsien; hetsy 'n stedeling, plaasjapie of reisiger / kranige vakansieganger."