Verified Reviews
Robertson
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Robertson
Rated 4.6 out of 5 based on 724 reviews.
"Robertson is 'n baie mooi dorpie met vriendelike mense. As jy van wyn en lekker kos hou, dan is dit die plek vir jou."
"Oulike dorpie. Nice restaurante. Van Loveren besoek op die Saterdag. Sal Robertson weer besoek. "
"Vriendelike mense in ‘n pragtige dorp wat deel van Route 62 is. Plattelandse gasvryheid is hier aan die orde van die dag. Splash of Pink met Paul Renè MCC was heerlik! Ons is volgende jaar terug!"
"Robertson is 'n baie mooi toeriste-aantreklikheid en sal baie graag weer soontoe gaan."
"Perfect destination for a relaxing breakaway from the hustle and bustle of the concrete jungle."
"Ek was vir 'n naweek op Robertson en was nogals teleurgesteld dat die winkels/antieke winkels toe was op 'n Saterdagmiddag en Sondagoggend. Mens sou dink dat die winkeleienaars sou kapitaliseer op die Robertson Skou waar daar mense van heinde en verre gekom het om aan die perdry deel te neem."
"Ons geniet die eetplekke en kuierplekke op Robertson, veral Four Cousins en Bourbon Street. "
"Lekker plek om daar te bly. Als is naby. Jy hoef nie ver te loop nie en sal weer vir Robertson besoek."
"Robertson het ons stoutste verwagtinge oortref. Ons hou gewoonlik vakansie in die Hemel en Aarde-vallei en vind sy witwyne ‘n trekpleister, maar nadat ons Robertson, veral De Wetshof en Springfield Estate, se wyne geproe het, het ons vir seker nuwe gunstelinge! Die Viljoensdrif-bootreis is ook ‘n moet-doen!"
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Lovely town with lots of lovely, affordable places to eat. Our favourite is definitely Strictly Coffee."
"Van die besienswaardighede maak net te laat oop. Kon min plekke besoek a.g.v. naweke gesluit. Verder baie mooi plekkie."
"Die omgewing het baie om te bied, maar ons sal nie weer in die dorp oornag nie. Die restaurant "Bourbon Street" was bo verwagting en die kos heerlik."
"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
"Ek kan Van Loveren wynplaas sterk aanbeveel, daar is 'n staproete as jy kans sien vir 'n steil bult met asemrowende uitsigte. Ook fantastiese restaurant, tuine, ens. "
"Kan dalk meer adverteer op Facebook waar die meeste mense vandag goed en plekke soek."