Geverifieerde Resensie
Saldanha
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 176 resensies.
"Die area was nie baie veilig nie. Ons het 'n insident gehad op die strand toe my ma en dogtertjie gaan stap het en die volgende oomblik was daar 2 mans om hulle wat nader aan hulle gestap het en gelyk het of hulle iets wou doen. Gelukkig was my man net agter hulle en toe hy vir hulle skree, toe hardloop die mans weg."
"Baie still en netjiese dorp. Die strand is pragtig en skoon. Het die lekkerste in dié see geswem."
"Die plek het potensiaal om baie meer te kan doen. Hulle het oulike fasiliteite. Diens by die restaurant was wel goed, maar diens by ontvangs het baie werk nodig."
"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
"Dit is lekker stil by Blouwater Baai, maar tog naby besighede en ander besienswaardighede. Ek sal dit beslis kan aanbeveel."
"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."