Verified Reviews
Sandbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sandbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 224 reviews.
"Baie stil, voel veilig en ek hou van die geleentheid om tyd op die strand deur te bring - strand het toilette en strandgebied is skoon en maklik toeganklik."
"Dit was ons eerste kuier hier. Ek was aangenaam verras met die netheid en "trots" van huisbewoners wat ek in Sandbaai raaksien; ook relatiewe veiligheid. En dan het ek die kus-wandelpaadjie baie geniet!"
"Ons is nou verlief op Sandbaai, dit was ons eerste besoek en definitief nie die laaste. Mal oor die rustige dorpie met sy pragtige see-uitsig en lieflike staproete en paadjies."
"Beautiful place with beautiful surroundings. Safe and friendly people all around. Made our stay so much more easier having these friendly and warm people everywhere we went. "
"Sandbaai het sy voordele. Naby winkels en petrolstasie. Veilige omgewing. Goeie verblyf as jy wil kom vir die Walvisfees."
"Baie goeie ligging, veral as jy die tipe persoon is wat in 'n veilige omgewing op die strand in die oggend wil stap/draf."
"Heerlik gekuier op die strand, alhoewel dit nie regtig 'n swem strand is nie was dit nog steeds lekker gewees. Ons het Grotto beach toe gegaan en baie tyd daar ook gespandeer - pragtige strand."
"Getroude pare moet te alle tye dubbelbeddens kry, en nie twee enkel beddens soos wat ek en my man gekry het nie."
"Het nie geweet dat Onrus 'n lekker swemstrand loopafstand van Sandbaai het nie. Al die pad Hermanus toe gery."
"It is a beautiful and quiet area, suitable for people who really just want to unwind."