Geverifieerde Resensie
Sandbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sandbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 69 resensies.
"Die strandpaadjie met bordjies van vorige besoekers is baie interessant. Skulpe so groot soos my hand op die strand. Dit was die beste gesellige kuier ooit."
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."
"Sandbaai is 'n lieflike dorp naby Hermanus met al die winkels binne bereik. Die mense is vriendelik en ons het ons vakansie werklik geniet. "
"Voorwaar 'n mooi en lekker plekkie om te bly. Mense baie vriendelik. Alle winkels en mediese behoeftes byderhand."
"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
"Besige paaie en ek het nie juis n vakansie-atmosfeer beleef nie. Weet nie hoe dit in seisoen is nie."
"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."
"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
"Sandbaai is naby genoeg aan Hermanus, maar ook ver genoeg weg van al die gewoel. Dis 'n ideale plek om te gaan rus."
"Sandbaai is 'n heerlike plekkie. Mooiste wandelpaadjie langs die see. Dis so sentraal geleë met Hermanus binne 3km daarvandaan!"