Verified Reviews
Sarah Baartman District
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sarah Baartman District
Rated 4.5 out of 5 based on 5913 reviews.
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman District
The Ibis Lounge"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
Aberdeen, Sarah Baartman District
Aberdeen Self-Catering"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
Summerstrand, Sarah Baartman District
Hobie Beach Guest House"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman District
Elke's Guesthouse"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."
Jeffreys Bay, Sarah Baartman District
Houtgerus"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
Summerstrand, Sarah Baartman District
Brighton Mews Guest Suites"Dit is wonderlik, pragtig en baie gerieflik."
Ferreira Town, Sarah Baartman District
Waterkant 4A and 4B"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Makhanda (Grahamstown), Sarah Baartman District
Jenny's Guest House"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."
Aston Bay, Sarah Baartman District
Ruthers Place"Beautiful beach and lagoon. Quiet, peaceful and calming. Not at all as busy as Jeffrey's Bay but shops are still within 10 minutes' reach."
Framesby, Sarah Baartman District
Lin's Guest Apartment"Mooi, skoon en stil met oulike winkelsentrums naby. "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman District
De Toren Cottages"Definitief die moeite werd om so klein draaitjie vanaf die groot pad te ry en die ou dorp, sy kerk, koffie en oudhede en winkels te gaan kyk, en dan natuurlik die Uilhuis met al die pragtige kleure en glas."
Marina Martinique, Sarah Baartman District
20 Houtbosch Bay"Baie lekker area om in te bly! 'n Bietjie weg van die gedruis van vakansiegangers. Mooi uitsigte!"
Bluewater Bay, Sarah Baartman District
84 on Himeville"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
Patensie, Sarah Baartman District
Ripple Hill Hotel"Die omgewing rondom die dorp is asemrowend mooi en interessant, maar die straat in die middedorp waar die hotel en kitsbanke geleë is hou geen bekoring in nie. Ek kan nie sien dat hierdie deel van die dorp enige aantrekking vir toeriste sal hê nie. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman District
Daliz Guest House & Self-catering"I gave it a 3 star for a reason. We encountered quite a bit of rubble and illegal dumping in a few areas and en route to some venues which needs to be addressed in order to bring back that pride and welcoming feeling to visitors. Other than that it is a stunning place to visit."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman District
The Ibis Lounge"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "
Wavecrest, Sarah Baartman District
Sea Echo Accommodation"Fantastic surroundings and in close proximity to shops and outdoors activities."
Aberdeen, Sarah Baartman District
Pagel House B&B"I think Aberdeen has great potential as a tourist destination."
Summerstrand, Sarah Baartman District
Avonmouth Crescent"Ons was in Somerstrand vir 'n konferensie en het nie veel verwag nie, maar die plekkie het ons aangenaam verras. Daar is allerhande oulike plekkies en dinge om te sien en in die tyd wat ons daar was, was die weer lieflik."
Aberdeen, Sarah Baartman District
Pagel House B&B"Aberdeen is nader aan die Suidkus en jy sal binne 3 tot 4 ure by die see wees!"
Paradise Beach, Sarah Baartman District
Marine Paradise Guest House"The beach is beautiful and amazing. It can only be enjoyed in the morning/early afternoon since by 16:00 the weather becomes icy cold and the wind bites into your skin. Beautiful and unforgettable beach. I would like to visit again."