Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Baie netjiese en skoon dorp. Die plaaslike munisipaliteit verwyder vullis in tyd en hou die dorp skoon. Met ons aankoms was daar in een straat 'n massiewe slaggat en dit was die daaropvolgende dag herstel."
"Second to Cape Town , I will always go to Margate and surrounds on a local holiday, as I have been doing so for the past 15-20 years."
"I would recommend this as a good travel destination. Uvongo is in the heart of the South Coast of KZN and easy access to both ends of the South Coast of KZN are possible."
"Ek was heerlik verras toe ek uiteindelik op die LekkeSlaap-besprekings afkom nadat ek desperaat was vir 'n plekkie in KZN. Ek kan nie glo ek het nog nooit van julle gehoor nie en nog minder van Elysium. Ek was bekommerd toe ek Elysium in lewende lywe sien. Stil plekke maak mens bang, maar Brenda het ons gerusgestel en teen die tweede aand het ons oopdeur geslaap. Kinders sal dit nie geniet nie, want dis te stil, maar ek het die rustigheid baie geniet."
"Port Edward was altyd 'n stillerige plek, en daarom het ons dit gekies, maar dit was jare gelede - die plek is nie meer so stil nie, maar gegewe die tyd van die jaar, moet mens verwag almal is met vakansie en wil by die strand uitkom. Restaurante in die omgewing is maar beperk maar ons kon regkom in Ramsgate nadat die eetplekke in Port Edward baie raserig (musiek) was en ons nie aangestaan het nie. "
"Uvongu is 'n baie rustige dorp en al die geriewe is bymekaar. Die strand is baie skoon en mens word nie vertrap nie."
"Baie mooi strand met 'n eetplek op die strand, skoon en die mense daar is vriendelik."
"Uvongo het alles. As jy van inkopies hou is daar twee groot winkelsentrums binne 5km radius. Vir die jong mense is Margate net om die draai. Die strand is veilig en beskut teen die wind. Restaurante is daar vele om van te kies. Ek was nog nooit voorheen in Uvongo nie maar was regtig beïndruk. Ons almal mis die plek. "
"Munster het nie 'n swemstrand nie so dis beslis nie 'n pluspunt nie, jy moet by Glenmore, Marina Beach, Trafalgar of na Leisure Bay gaan. Dit is wel 'n pragtige, rustige omgewing en ongerepte strand as jy wil gaan stap. Veligheid is elke dag maar 'n uitdaging soos wat dit in enige plek in Suid-Afrika tans is. Ons gaan al jare na die area hetsy in karavaan of verblyf. Dit bly altyd goeie bestemming en Munster is nou nog 'n opsie. "
"Nabygeleë aan verskillende strande - lekker snorkelplek, lekker visvang, klein strand vir kinders en weg van die vloed toeriste, dus baie lekker geleë - swemstrande was ook nabygeleë - ons het elke dag op 'n ander strand geswem."
"Palm Beach is a hidden gem with such a nice beach where you can swim in rock pools. It is quiet and clean."