Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4895 reviews.
"Uvongo is 'n heerlike vakansiebestemming, die strand met die lagoon is lekker vir kleiner kinders."
"Die omgewing is stil en rustig. Die omliggende natuurskoon is pragtig."
"Uvongo is baie mooi en daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite in die omgewing. Ons hoogtepunt was die bootrit en die dolfyne wat ons gesien het."
"Always feels like I'm in a different country when I visit Margate (even though I'm a South African), clean beaches, always beautiful weather, and friendly people, food/restaurant prices are very low and aforddable, just love Margate."
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Nie vreeslik baie om te doen nie, nie 'n plek om elke jaar te besoek nie. Elke vyf jaar sal ok wees. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Ek is absoluut mal oor Uvongo. Dit was my eerste, maar definitief nie my laaste besoek nie. "
"The South Coast is a perfect place for a holiday. If you haven't been there, take it from me, you need to visit the place."
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "
"Waffle House en Sundowners maak dit baie feestelik. As jy stilte soek is dit dalk nie die regte omgewing nie. Daar is die heeltyd dromme op die strand."
St Michael's-on-Sea, South Coast
Knoxgore Garden Cottage"I find St Michael's-on-Sea to have a wonderful beach with safe bathing, adequate parking, lawns and a good restaurant. Traffic on the main road in peak season can be problematically heavy - even for a Gauteng resident. I would recommend the area for family holidaying."
"Margate is 'n lekker en redelike veilige plek vir 'n gesin om te kuier. "
"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "
St Michael's-on-Sea, South Coast
Knoxgore Garden Cottage"Baie lekker, alhoewel die see bietjie vuil was met die reën so ons het meer op Ramsgate gekuier, maar vanaf Shelly Beach tot ander kant MacBanna is almal pragtig en 'n moet besoek."
"Heerlike stil en skoon strand. Ons het die ingeboude swembad op die strand baie geniet. 'n Mens mis wel die sentrums so bietjie, maar wat die strand en visvang aanbetref is dit regtig baie lekker."