Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Veiligheid gaan in die toekoms 'n faktor wees. Baie leeglopers en boemelaars om elke hoek en draai. Polisiering in strate baie swakker as in Durban. Oord self is veilig, maar strate het verseker risiko's wat misdaad aanbetref."
"Skoon en rustig, ek sal by die winkel bietjie meer goed hê en 'n vrieskas wat daar dalk soos wors verkoop."
"Ons wou by Ramsgate blou vlag strand gaan swem maar strand was toe agv besoedelde water. Margate hoofstrand en Lucien strand is ook later toegemaak. Ons het toe Uvongo toe gery en daar geswem."
"Baie lekker area. Baie swemstrande in omgewing. Lekker winkelsentrums met alles wat vakansiegangers nodig het."
"Dit is 'n baie lekker vakansiebestemming. Sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."
"Gerieflik naby aan Durban en ander besienswaardighede geleë. Jammer dat ontoereikende inligting omtrent die strande nie behoorlik deugegee word nie Ons kon net Amanzimtoti in die onmiddelike omgewing gebruik. Die ander is onveilig of nie vir gebruik oopgemaak nie. En het toe Umhlanga toe gegaan. Dit was egter redelik maklik en ons besoek by uShaka was gerieflik. Groot Pick n Pay en Spar loopafstand vanaf eenheid."
"The beaches in Bazley were dog-friendly, although McNichols was not (and that was a shame as it looked beautiful). Although all of the beaches nearby all indicate that dogs would not be welcome, the locals turned a blind eye and advised that they did walk dogs on many of those beaches in Pennington etc."
"Nie te veel om te doen in Margate. Gelukkig is daar in die omgewing baie plekke om te besoek."
"Die area is op 'n baie mooi plek geleë. Ons het veilig gevoel. Daar is baie CPF en sekuriteit orals gesien."
"Kingsburgh het 'n baie klein variance van goed wat jy kan doen. Die hoofstraat is meestal eetplekke."
"Wonderlik maar verval van strate en infrastruktuur (stukkende waterpype) kommerwekkend."