Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 635 reviews.
"Dit is asembenemend mooi! Ek sal almal aanraai om die rit op die vleiland mee te maak. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie. Die bestemming is definitief die moeite werd!"
"Beste bestemming om lekker vis te vang, die natuur en wild te geniet en lekker op die strand te baljaar!"
"St Lucia bly 'n pragtige dorpie, baie skoon en ek hou van die deursoek van die voertuie by al die belangrike plekke!"
"Die besienswaardighede se tariewe is uitsonderlike hoog en onbetaalbaar veral as jy 'n groot gesin is. "
"As Rino Club kaart houers, het ons verkies om Cape Vidal toe te gaan."
"St Lucia is still an excellent place to go to. Very safe town. Specially nice to put checkpoints to make sure people do not take alcohol to the beach."
"Baie mooi en skoon dorp met alle winkels en restaurante wat mens benodig gedurende vakansie. Baie besienswaardighede. Moet nie alkohol na strande of Cape Vidal probeer neem nie, orals pad blokkades om jou te deursoek vir alkohol. Kan wel by Cape Vidal koop of by Boot Klub naby strand."
"Sal elke jaar daar gaan bly as ek kan. Was net baie teleurgesteld oor die een eetplek, maar andersins het ons baie lekker gekuier, hou so aan St Lucia Estuary."
"Baie bly om te sien hulle is so streng as dit kom by alkohol, nou nog net die rommelstrooiers vasvat. Die diere is in goeie kondisie en voorwaar iets om te sien."
"Die strande kort plekkies waar jy iets kan koop om te eet en te drink, maar verder was die dorp baie skoon en netjies, asook die strande."
"Pragtig en 'n absolute moet-sien en beleef. Die bootrit op die meer was 'n belewenis. Pragtige strande. Die daguitstappie na Cape Vidal was onvergeetlik. Kon net nie suksesvol visvang vanaf strand nie. Sal beslis binnekort weer probeer en St. Lucia besoek."
"Wij waren in oktober in St Lucia en maakten een indrukwekkende boortocht naar de walvissen. Bovendien een fraaie tocht naar Cape Vidal waarbij we het geluk hadden 2 keer neushoorns te zien. Je kan ook mooi wandelen bij St Lucia."
"We arrived late on Friday evening around 21:00, battled to find a restaurant that would serve us that time. Would suggest maybe getting a 24/7 fast-food restaurant there."
"Was baie aangenaam verras en het die dorp en omgewing baie geniet en sal definitief weer gaan."