Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 853 reviews.
"Very expensive activities not reasonable at all. Bad experience with guards at Cape Vidal during load shedding."
"Jammer van baie riete in strandmeer. Ek verstaan dat die probleem ondersoek word en dat met tyd dig behoort te verbeter."
"St Lucia is a lovely town and offers great weather, beautiful attractions, delicious avocado and the sweetest pineapples. Friendly staff all round."
"Hier kry jy beste van 2 wêrelde: Natuurlewe met die park en ongelooflike strande. Almal sal tevrede wees!"
"My en ons as gesin se 7de keer in St Lucia. Natuurskoon is wonderlik en Cape Vidal puik. Ek vind egter dat die restaurante nie altyd reg is vir groot getalle mense nie. Kombuise kan nie die massas hanteer nie. Dit lui tot vertragings in bediening en sekere geregte nie meer beskikbaar nie. Miskien het Covid hierdie jaar rol gespeel, maar het dit al vantevore ook opgemerk. Wees dus geduldig en vrae die nodige vrae vooraf om teleurstelling te voorkom."
"St Lucia is something special. Where else can you drive to the main swimming beach (Cape Vidal), and see most of the Big 5 on the way there and back? Enjoyed the restaurant options, the Hippo estuary cruise (where we learnt about the reasons for opening the estuary back up to the sea), the fresh fruit market, early morning walks through the forests that border the town. Felt safe the whole time. Friendly people, clean streets, lots to see and do."
"Bietjie bekommerd oor die karpartytjies by die inloop na die strand. Was nie gemaklik om met ons klein kinders deur die dronk mense te loop nie. Drank word op die strand verbied, tog raak die mense vreeslik dronk op die grens van die strand en dan is daar in elk geval chaos op die strand."
"Cape Vidal is asemrowend. Het so baie diere gesien. Renosters, olifante, baie mak kudu's ens. Cape Vidal se strand is 'n baie lekker swemstrand, kan snorkel ook daar."
"Met slegs een toegangsroete na St Lucia is St Lucia baie veilig en as bewaringsgebied 'n moet om te besoek. Ry ook gerus een dag Cape Vidal toe, dis teerpad tot daar."
"Ken hom al vir jare. Alles het duur geword. Net jammer die meermonding is nog toe. Visvangs is swak"
"Pragtige dorp en pragtige strande. Beslis die moeite werd om te sien en te beleef."
"St Lucia is pragtig. Definitief die moeite werd om na die Wetlands Nature Reserve te gaan - so baie diere gesien, olifante en swartrenosters definitief die hoogtepunt van die dag. Cape Vidal is die beste swemstrand met skoon warm water. "
"Met alles wat nou weer oop is, sal toerisme beslis weer op tel. Die water by St. Lucia strand was baie vuil, maar Cape Vidal reg langsaan, was pragtig skoon."