Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 853 reviews.
"St Lucia viel verder wat tegen en langer dan 4 nachten bleven we gelukkig niet want we hadden alles gezien en gedaan."
"St. Lucia is not a place to visit for more than a day, except if you have a boat. The sea is a bit far from the town if you do not have a vehicle. The area and surrounding nature is very beautiful."
"Doen die bootrit op die rivier wat deur Umlilo Lodge gereël kan word. Ons het so baie seekoeie gesien en die inligting oor die riviermonding is baie interessant. Die strande is heerlik, daar is 'n ryk voëllewe en Cape Vidal en die natuurreservaat is beslis een van die dinge wat jy moet besoek as jy daar is."
"Daar word moeite gedoen om alkoholgebruik by strande te beperk en om die geriewe by strande in stand en skoon te hou. "
"I recommend to do the boat trip ... Guides were very knowledgeable on the local conditions and game."
"St Lucia Estuary is 'n fantastiese plek vir 'n gesinsvakansie. Die dorpie is pragtig skoon, daar is goeie diens by al die restaurante en die mense van die omgewing is baie vriendelik. Cape Vidal is die perfekte plek vir net langs die see wees en ontspan, plus daar is die addisionele bonus van baie wild op pad soontoe. Krugerwildtuin by die see het ons die plekkie gedoop."
"St Lucia is 'n wonderskone deel van Suid-Afrika. Die strande is baie mooi en skoon en deel vand die iSimangaliso bewarings gebied. Die strande het mooi skoon ablusie geriewe. Die dorp het heerlike eetplekke en jy kan in die aander seekoeie in die strate raakloop. 'n Móét vir enige natuurliefhebber. "
"Verskriklik mooi, baie diere te sien. Lekke eet plekke en parke om te besoek. Sal beslis weer terug keer. Vir ander besoekers wat gaan, net een "tip" neem soveel kos en huishoudelike items saam, daar net een winkel groep in St Lucia wat' n plaas se prys vra vir alles op sy rakke."
"Dit was my vierde besoek aan St Lucia en sal weer terug gaan. Die beste plek om rustigheid vir jou siel te kry."
"St Lucia is gemik op die buitelandse besoeker en die pryse van aktiwiteite, curios en aandenkings weerspieël dit."
"St Lucia is fantasties. Ons het dit werklik geniet. Atmosfeer soooo Afrika. Ons kom weer! "
"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."