Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
"Redelike skoon dorp. Pragtig langs die marine en strand. Kry maar 'n toeriste kaart, want dis 'n groot dorp. Strand nie oral maklik bekombaar nie a.g.v groot duine voor die strand. Brei nou baie uit na die suidekant."
"Nog steeds waarde vir geld. Dit is 'n olifantpark. Klein dingetjies waaraan bestuur moet aandag gee om beeld te poets vir veral oorsese besoekers. Paaie is besig om verweer te raak. Gate in teerpad maak slegte indruk. Personeel is behulpsaam en beleefd. Beef Baron gee uitstekende etes. "
Marina Martinique, Sunshine Coast
La Caribe 58"Jammer dat die toegangsroete dalk problematies kan wees."
St Francis Bay, Sunshine Coast
Anchor Drift"Ons het 'n heerlike bootrit saam met 'n vriend wat daar bly op die kanale tot by die oop see gehad en dit was fantasties."
Cape St Francis, Sunshine Coast
Seals"Pragtige dorpie wat ontsettend uitgebrei het sedert my laaste besoek. Plakkers kamp en taxi's in Humansdorp op pad na Kaap St. Francis laat mens ietwat onrustig voel, dalk is ek net oorsensitief a.g.v. negatiewe konnotasies opgebou tydens jare se verblyf in Pretoria in Gauteng."
"Regtige lekker plekkie en is regtig rolstoelvriendelike dorpie."
"Pragtige omgewing met baie dinge om te doen elke dag. Baie sentraal geleë. Baie uitkykpunte met bankies waar mens kan sit en die see geniet."
"It was very convenient for us as it was close to where we needed to be. Nice quiet and safe neighbourhood."
St Francis Bay, Sunshine Coast
Casa de Dani - Original"Mooi vakansieplek met heelwat om te sien. Mooi eetplekke, onder andere by die hawe. Cape St Francis is ook 'n besoek werd. "
"Die toerisme-gedeelte is goed met 'n mooi rivier, maar die sakegedeelte was 'n teleurstelling. "