Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
"Somerstrand is 'n pragtige strand wat baie netjies is en 'n goeie indruk skep met baie lekker dinge om te doen."
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Heerlike strande en restaurante en 'n klein winkeltjie wat draairoomys verkoop. Dis mos vakansie!"
"Awesome little town, lots to do and see for young and old. Great beaches."
Addo Elephant Park, Sunshine Coast
De Old Drift Guest Farm"Klein maar baie mooi park. Het baie olifante asook 'n klompie ander diere gesien."
"Bathurst is 'n pragtige subtropiese dorpie met sy Victoriaanse boustyle, die gemeenskap se mense is baie vriendelik (klein handel). Die plantegroei en voëllewe is fantasties. Net 10 kilos van die see. Albei wêrelde in een gevat, seelewe en natuurlewe. Wat kan 'n mens meer vra, moeg vir die gewoel van Bathurst, dan gaan ons vir die dag by die see kuier."
"Dis 'n onbekende juweel vir 'n toerus wat hou van in plekke te gaan rond ry en snuffel."
"Lieflike strande, lekker speelplek op die duine. Cannon Rocks kan aanbeveel word!"
"Sal graag meer dinge wil sien wat hulle vir kleiner kinders aanbied, want dis nie altyd moontlik om see toe te gaan nie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Tyday Accommodation"'n Mooi en skoon stad met baie eetplekke en inkopiewinkels. Die wind is net baie erg! Ons het die wildtuin baie geniet! (Die toegang is baie duurder as die Kruger Wildtuin.)"
"Ek het nuttige advies by die toeriste inligting gekry - dit was ons eerste besoek aan die dorp."
"Seker dat toeriste dit sal geniet. Ons het vir 'n familietroue gekuier en nie regtig die plek besoek nie."
"Pragtige dorp en vakansieplek, maar die strate is in 'n bedenklike toestand!"
"Sal graag 'n eetplekkie vir ontbyt en aandete in die omgewing wil sien. Bluewater Bay is rustig en stil, mens wil nie altyd stad toe ry vir ontspanning na-ure nie. Indien 'n persoon werk wil jy ook nie na-ure staan en 'n maaltyd voorberei nie, Spar het ook nie alles nie. Ons was ook nie alleen nie, daar was nog sewe ander gesinne saam in die omgewing vir die naweek."
"Baie oulike dorp met als wat mens kan aan kan dink om te doen en goeie winkels as jy iets nodig het."
"Van die drie plekke waar ons gebly het was dit die lekkerder een gewees. Ons is mal oor Jbay."
"I believe the town has potential, but also needs much maintenance and a good cleaning. Especially the roads that are full of pot holes and even turns into gravel roads everywhere. The road to the mall looks much better though."