Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Ons ry altyd deur Sutherland oppad na ons Karoo-plaas net buite Carnarvon. Was heerlik om te stop en die gasvryheid van so ‘n outentieke dorpie te beleef!"
"Baie interessante plekkie, maar dit is asof die besigheideienaars gelukkig is met sub-standaard. Die dorpie het soveel potensiaal. Ongelukkig kan die reuk van urine jou afsit , orals waar ons gestap het het dit na urine geruik. Sterland is die beste uitstappie tydens ons besoek. SALT was 'n ander ondervinding, hulle aanvaar kontant by die curio winkel maar nie as jy jou toer wil betaal nie. Emmerskoplysie item - gemerk. "
"Natuurlik baie koud gewees. Sal in somer kom sterre kyk. Kinders het baie lekker in oorblywende sneeu gespeel. Baie lekker geëet by Cluster d'Hote. Beste lamskenkels in die wêreld. Nie genoeg tyd gehad om alles te sien nie, sal definitief die dorp weer besoek."
"Die Sterrekyk by Jurg Wagenaar en besoek aan die sterrewag en Louw huis was werklik ‘n belewenis. Dis jammer, maar duidelik soos in so baie kleiner plattelandse dorpe, dat owerhede die waarde van onderhoud en verfraaiing onderskat. Vergeleke met, bv. Merweville en Prins Albert kom die dorp self verwaarloos voor en dis jammer, want Sutherland is die moeite werd om te besoek. "
"Fantastiese plek met asweome mense en eetplekke! Wonderlike plek om 'n paar dae net rustig te wees, die vars lug te geniet, asook die pragtige helder sterre."
"Moenie in die winter by Total diesel ingooi nie! Dit het vir ons voertuig oneindige moeilikheid veroorsaak."
"Dorpie het baie potensiaal vir toeriste attraksies. Ek sou beslis 'n lekker koffie en koek winkel wou open en dalk aktiwiteite vir kinders ontwerp."
"Ek sal altyd terugkeer Sutherland toe. Die heerlikste skaaptjoppies gekoop by die slaghuis daaronder. Die kos van die Withuis in die hoofstraat was buitensporig lekker. Die sop, die lamsburger en die steak was tops en sal ons definitief weer daar gaan eet. Lekker."
"We loved the natural beauty, the journey there, the stars, the stargazing experience at Sterland (highly recommended), and the accommodation at Primrose Cottage. However, trying to see the NP Van Wyk Louw house and the church turned out impossible (we had a phone put down in our ears at one point). Also, the restaurants are somewhat overpriced and wishy-washy in their hours. Be prepared for a real small-town, afternoon nap attitude to tourism."
"Een plek wat beslis op elke mens se emmerskoplysie moet verskyn. Die bonus van goeie sneeu-neerslag het dit natuurlik een van ons beste wegbreek-naweke gemaak vir 2018! Ek sal Sutherland aanbeveel aan enigeen."
"Generally not a place one would stay for more than a day or two if travelling with a young family."
"Behalwe vir die twee uitstaande kenmerke van die plekkie, kan die inwoners se vriendelike geaardheid as 'n kenmerk bygevoeg word."
"As jy nog nie daar was nie, gaan beslis veral tydens die winter. Wat 'n belewenis van ware Karoo gasvryheid en vriendelikheid."
"Ons het per toeval op 'n fees afgekom in die dorp en dit het ons 'n kykie in die samestelling en mense verhouding van die gemeenskap gegee - 'n baie aangename ervaring."
"Elke mens moet ten minste een keer in hulle leeftyd die koue in Sutherland beleef! Dit is 'n ongelooflike ervaring wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Die starre is pragtig en dit lyk letterlik of jy aan die melkweg kan vat! Pak genoeg warm klere in, handskoene, mussies en baadjies is 'n moet! "
"Sterrekyk by Jurg Wagener se Sterland is nie 'n opsie nie, dis 'n besliste moet doen! Die skaapskenkels by Cluster d'Hote is onverbeterlik!"