Verified Reviews
Swellendam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swellendam
Rated 4.6 out of 5 based on 774 reviews.
"Asemrowende plek, puik toeriste dorp met fantastiese topgehalte-eetplekke, historiese geskiedenis. 'n Moet vir elkeen. Fantastiese natuurskoon met die berge en riviere."
"Daar is onder andere 'n groot Checkers en Spar op die dorp en baie restaurante om van te kies."
"Ons is mal oor Swellendam. Op hierdie toer het ons min tyd in Swellendam self gespandeer, want Swellendam is baie sentraal en ons het dit as basis gebruik vir dagtoere na Malgas, Barrydale, Riversdale en die Robertson-wynroete. As jy net een keer gaan uiteet, maak dit Die Drostdy. Manjifiek! Heerlike kos, lekker wyn en die vriendelikste eienaar- en kok-kombinasie suid van die ewenaar! Die dorp self is so cottagy cute, dat jy sommer net van een straat na die ander kan dwaal en jou verkyk aan die pragtige ou huise en tuine. As Melkbosstranders, is dit lekker naby genoeg vir 'n twee-nag-kuier. Ons sal beslis terugkom."
"Veiligheid kan verbeter met ’n hek wat kan toemaak, veral snags. Dit is ’n skoon en pragtige dorp en almal is baie vriendelik."
"A lovely little town worth exploring, especially if you love hiking in the mountains."
"Baie netjiese dorp met historiese plekke. Goeie basis vir omligende dagtoere. Baie gesellige en gasvrye mense."
"Swellendam is 'n interessante en aantreklike dorp met 'n lang geskiedenis wat in die verskillende geboue van die museumkompleks uiteengesit word. Die dorp is aan die voet van die Langeberge geleë en grens aan twee riviere."
"Daar is baie te doen in en om Swellendam. Ons tyd daar was heeltemal te kort om by alles uit te kom, maar sal graag weer wil teruggaan om te gaan stap in die berge, die dorp verder te verken en na paar nabygeleë plekke te ry."
"We were there for the SA Road Champs so the town was overrun by cyclists and their families. We felt that restaurant owners were not geared to deal with the increase in numbers. If they knew the SA Champs were happening surely they could have kept their kitchens open longer, brought in more staff and also made sure they did not run out of several things on their menus. This also happens on the weekend of the Double Century cycling event. Other than that the town is clean and charming."
"Die dorp is skoon strate is lekker breed, nie te veel verkeer nie, al was daar 'n groot fiets-reis aan, kon die dorp dit maklik hanteer."
"Swellendam was 'n GREAT host vir die SA Nationale fietsry byeenkoms. Die dorp moet BAIE meer sulke byeenkomste gegun word (soos Double century ook)."
"Swellendam is such a pretty town with many historic buildings and the friendliness is off the chart."
"As die derde oudste drop in die land is dit ook die "Midrand van die Weskaap". Halfpad tussen Kaapstad en George en meer kerke as kroeë. (22 in totaal). Dis die ideale basis van waar die Overberg verken kan word, en daar is groot ontwikkelinge aan die kom. Definitief 'n dorp om op jou emmerskoplysie te skryf. Interessant genoeg is die kleinste sake perseel in Suid Afrika ook in Swellendam. Slegs 39 vierkante meter met besigheidsregte. Erf 6779. Gerugte doen die rondte dat hierdie perseel te koop is vir R30 miljoen en die geld sal aan dierebeskerming geskenk word."
"Bontebokpark is pragtig. Het egter net 4 bokke gesien. Paaie is ook op plekke glad nie goed nie. Drostdy Museum met al sy geboue was indrukwekkend. Uitstallings van hoë gehalte."