Verified Reviews
Swellendam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swellendam
Rated 4.6 out of 5 based on 774 reviews.
"Swellendam is die derde oudste dorp in Suid-Afrika. Dit is 'n klein, maar ’n goed toegeruste dorp met baie geskiedenis en die mense is baie vriendelik."
"Buiten dat dit vrek warm was, was Swellendam definitief 'n bestemming waar ek weer sal gaan kuier, inteendeel, die dorp is waar my dogter gaan trou in 2021. Baie netjies, baie word gebied vir 'n toeris, baie mooi boomryk. Die museum was baie interessant - kan net opgeknap word."
"Vreeslike mooi dorp met vriendelike mense. Ons het by Republiek van Swellendam geëet en sal dit vir almal aanbeveel! Ons was daar oor 'n tyd wat baie besighede toe was (Kersfees) so kon nie eintlik meer winkeltjies besoek nie."
"Baie rustige en mooi dorp. Vol kultuur, vriendelikheid, unieke restuarante en 'n omgewing wat jou asem weg slaan."
"Dit is een van my gunstelling plekke in ons land. Die dorpie is rustig en vriendelike diens van almal. Daar is 'n paar wonderlike restaurante en die pryse is baie billik, ek sal Pasli weer besoek. Stop ook by die Sulina Faerie Sanctuary in Swellendam, dit is werklik uniek en iets vir elke klein dogtertjie om te sien."
"Swellendam is 'n pragtige dorp om te besoek veral as mens belangstel om die historiese geboue en museums te besigtig om meer te leer oor die geskiedenis van Swellendam."
"Swellendam is 'n vriendelike, pragtige dorp, ryk aan kosbare erfenis. Beslis 'n besoek werd."
"Ons het dit geniet om vars bessies te gaan pluk by Wildebraam. Ons beplande stap by Marloth Natuurreservaat het ongelukkig uitgereën. Die Deli naby Drostdy-museum bak die lekkerste brood!"
"A visit to Ikigai for breakfast is a must for the best coffee in town. The ginbar is also very popular and seems to be one of the best spots in town"
"Swellendam is gefokus daarop om vir die reisiger en toeris 'n verskeidenheid van besienswaardighede te bied. Selfs die kelnerinne in die restaurante loop oor van interessante feite oor die dorp, sy geskiendenis, bestaansrede, alles en nog wat. Dit is beslis die moeite werd om tyd hier te vertoef en die pragtige omgewing te verken."
"Mooi plek, maar min tyd oorgehad om regtig te verken. Die landskappe is besonders."
"'n Pragtige, veilige dorp met vriendelike mense, lekker eetplekke, pragtige geboue en bome, en 'n heerlike klimaat!"
"Pragtige, rustige dorp met so baie om te doen! Pragtige natuurreservaat, oulike winkels en restaurante."
"Skoon, netjiese dorp met pragtige geboue. Oornagstop te kort! Sou langer wou bly."
"Swellendam is beeldskoon en rustig met lekker restaurante en koffiewinkels om te besoek."
"Baie rustige dorpie as jy wil wegbreek met al die nodige winkels en dit is alles baie naby."
"Pragtige dorp met die mooiste kerk. Besoek gerus die museum. Dorp het heerlike eetplekke, probeer gerus Republiek van Swellendam."
"Een van die mooiste dele van Suid Afrika. Swellendam met my hart gesteel. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke vir elkeen se smaak. Al die etes wat ons geëet het was heelik. Veral die Garden Shack se seekos en puik atmosfeer! Die area is pragtig en dis ideaal om as basis te gebruik om die area te verken."
"Pragtige historiese dorp. Nie te ver van Kaapstad. Vriendelike mense en soveel om te sien en te geniet."